Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inligting
Bepalings en voorwaardes: E-publikasies

ENIGE HULP NODIG MET JOU E-PUBLIKASIES?

KONTAK ONS DIENSLYN

diens@netwerk24.com

087 353 1300


Hiermee die bepalings en voorwaardes vir ons e-publikasies op Netwerk24.

“Besoeker” beteken enige persoon wat die Webwerf binnegaan of gebruik. “Verskaffer” beteken Media24 Bpk.

 Privaatheid

Die Besoeker sal verantwoordelik wees vir die geheimhouding van sy wagwoord(e), indien enige. Klik vir Media24 se privaatheidsbeleid. 

Tydskrifinligting/inhoud

Alle inhoud en inligting oor publikasies/boeke wat deur Netwerk24 aangebied word insluitend, maar nie beperk nie tot publikasieskedules, artikels en inhoud, en geskiktheid vir spesifieke gehore word verskaf aan Netwerk24 deur die uitgewers van daardie publikasies en is die uitgewers se verantwoordelikheid. Netwerk24 aanvaar geen verantwoordelikheid vir tydskrifinhoud of die akkuraatheid van inligting wat die uitgewers verskaf nie. 

Tydskrifpublikasieskedules en die vervangingslys

Publikasies word volgens wisselende skedules gepubliseer. Dit kan weekliks, tweeweekliks, maandeliks, kwartaalliks, ens. gepubliseer word. Soms word die publikasie van sekere publikasies met ’n paar weke of maande oorgeslaan. Netwerk24 sal sy bes doen om die huidige publikasieskedules van die beskikbare publikasies aan te toon. Aangesien die publikasieskedules egter deur die uitgewers en nie deur Netwerk24 bestuur word, kan afleweringstye verskil van dit wat aangedui is.

Veranderings aan diensaanbod

Die Verskaffer het die reg daartoe om enige aspek of deel van die Netwerk24-Webwerf, insluitend, maar nie beperk nie tot inhoud, beskikbaarheidstye en toerusting wat vir toegang of verbruik vereis word, te wysig of te beëindig. 

Toestemming om elektroniese kommunikasie te ontvang

Deur die gebruik van hierdie Webwerf of e-pos-kommunikasie met Netwerk24, gee die Besoeker toestemming tot en erken dat enige en alle ooreenkomste, kennisgewings, openbaarmaking, of enige ander kommunikasie aan alle wetlike vereiste(s) voldoen, insluitend, maar nie beperk nie tot die vereiste dat sodanige afgelewerde kommunikasie skriftelik moet wees. 

Kopiereg en intellektuele-eiendomsregte

Netwerk24 verskaf sekere inligting op die Webwerf wat deur kopieregwetgewing beskerm word. Inhoud wat tans of in die toekoms op hierdie Webwerf vertoon word, word verskaf deur Netwerk24, sy geaffilieerdes en/of filiaalmaatskappye, of enige ander derdeparty-eienaars van sodanige inhoud, en sluit in, maar is nie beperk nie tot literêre werke, kunswerke, rolprente, klank- en televisie-uitsendings, programdraende seine, gepubliseerde uitgawes en rekenaarprogramme (“die Inhoud).  

Alle sodanige werke wat besit word en die samestelling van die werke wat besit word, is onderhewig aan kopiereg van Netwerk24, sy geaffilieerdes of filiaalmaatskappye, of enige ander derdeparty-eienaar van sodanige regte (die Eienaars), en word deur Suid-Afrikaanse en internasionale kopieregwette beskerm.

Netwerk24 behou die reg voor om te enige tyd en sonder kennisgewing enige veranderinge aan die Webwerf, die Inhoud, of produkte en/of dienste beskikbaar op die Webwerf aan te bring. Alle regte in en tot die Inhoud word gereserveer en behou deur die Eienaars van die spesifieke inligting. Tensy dit in hierdie Bepalings en Voorwaardes gespesifiseer word, word geen lisensie of enige ander reg, insluitend maar sonder beperkings aan kopiereg, handelsmerk of enige ander intellektuele-eiendomsregte in of tot die eiendom aan die Besoeker toegestaan nie. 

Bepaling van aanspreeklikheid

Die Webwerf en alle inhoud op die Webwerf, insluitend, maar nie beperk nie tot enige huidige of toekomstige aanbieding van produkte of dienste, word op ’n “voetstootse” grondslag verskaf en kan onakkuraathede of tipografiese foute insluit. Die Verskaffer bied geen waarborg of verteenwoordiging met betrekking tot die beskikbaarheid, akkuraatheid of volledigheid van die Inhoud nie. Nóg Netwerk24, nóg enige beheermaatskappy, geaffilieerde of filiaalmaatskappy sal aanspreeklik wees vir enige direkte of indirekte spesiale, gevolglike of enige ander denkbare skade wat gely of aangegaan is, met betrekking tot die gebruik van, of die onvermoë om toegang te kry tot die Inhoud of die Webwerf of enige funksionaliteit daarvan, selfs al word Netwerk24 uitdruklik daarvan in kennis gestel. 

Vrystelling

Die aankoop of gebruik van enige produkte of dienste van hierdie Webwerf is op die Besoeker se eie risiko. Die Besoeker skeld Netwerk24 vry en hou Netwerk24 onaanspreeklik vir enige verlies, besering of skade wat weens die aankoop of gebruik van die produkte op hierdie Webwerf gely is.   

Bywerking van hierdie Bepalings en Voorwaardes

Netwerk24 behou die reg voor om af en toe dele van of al die Bepalings en Voorwaardes te verander, wysig, by te voeg of te verwyder. Sodanige veranderings is toepaslik sodra dit op hierdie Webwerf gelaai is. Dit is die Besoeker se verantwoordelikheid om gereeld hierdie Bepalings en Voorwaardes na te gaan vir veranderings of bywerkings. Die Besoeker se voortgehoue gebruik van hierdie Webwerf ná die verandering of bywerking van hierdie Bepalings en Voorwaardes word as voldoende kennisgewing beskou as die Besoeker se aanvaarding om te voldoen aan en verbintenis tot hierdie gewysigde Bepalings en Voorwaardes, insluitend sodanige veranderings of bywerkings. 

Keuse van wetgewing

Dié Webwerf word deur Netwerk24 vanaf sy kantore in die Republiek van Suid-Afrika bestuur, bedryf en geadministreer. Toegang tot die Webwerf vanuit gebiede of lande waar die Inhoud of aankoop van die produkte op die Webwerf onwettig is, is verbode. Die Besoeker mag nie hierdie Webwerf in skending van Suid-Afrikaanse uitvoerwette en -regulasies gebruik nie. Indien die Besoeker hierdie Webwerf vanaf plekke buite Suid-Afrika binnegaan, is daardie Besoeker aanspreeklik vir die voldoening aan alle Suid-Afrikaanse uitvoerwette en -regulasies. 

Bondels

Publikasies kan bygevoeg of verwyder word van die bondel (byvoorbeeld wanneer ’n publikasie nie meer verskyn nie). 

Media24 behou die reg voor om die prys van die bondel met vroegtydige kennisgewing aan die intekenaars te verander.

Bondels is onderhewig aan jaarlikse prysstygings.

Daar is geen einddatum vir die intekening nie en die intekenaar sal slegs by wyse van kansellasie die intekening beëindig.

Indien daar geen betaling is nie, word die bondel dadelik ingetrek.  

Volle ooreenkoms

Dié voorwaardes en bepalings behels die volle kontrak tussen Netwerk24 en die Besoeker met betrekking tot die gebruik van die Inhoud en intekenaarsdienste wat deur/op hierdie Webwerf bestuur word. 

Vrywaring

Enige bespreking, heruitsending, verspreiding en/of enige ander gebruik van, of enige verwante aksie, sodanige inligting deur persone of instellings buiten die voorgenome ontvanger is verbode.

Neem kennis: Enige verwysing na Media24 in hierdie vrywaring impliseer ook alle filiaalmaatskappye en afdelings van Media24 en al sy werknemers.

Indien jy hierdie boodskap verkeerdelik ontvang het, moet jy dit vernietig en verseker dat die afsender van die foutiewe ontvangs daarvan ingelig word.

Ooreenkomste, sluitings- en enige ander inligting in hierdie boodskap (Bepalings en Voorwaardes) wat nie verband hou met die amptelike sake van Media24 nie, sal beskou word as sake wat nie deur hulle verskaf, onderskryf, of gemagtig is nie.

Lig die afsender onmiddelik in indien jy of jou werkgewer nie toestemming gee vir internet/e-pos vir hierdie doelwit nie.

Redelike stappe is gedoen om hierdie boodskap vry van skadelike kodes of viruses te stuur, maar Media24 en die afsender verskaf geen waarborge in hierdie verband nie en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of skade wat die ontvanger gely het nie.

Media24 behou die kopiereg van hierdie boodskap asook alle aanhegsels daarvan indien dit deur ’n werknemer van Media24 geskep is.

Die afsender van hierdie e-pos verskaf geen waarborg of verteenwoordiging dat (a) dié boodskap werklik deur die afsender gestuur is en dat (b) die afsender toestemming gehad het om die boodskap te stuur nie. Alle aspekte met betrekking tot bekragtiging en gesag moet asseblief telefonies met die afsender bevestig word.

Nieteenstaande die voorwaardes van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, Wet 25 van 2002, sal alle ooreenkomste wat met Media24 aangegaan word deur die gebruik van elektroniese kommunikasie, slegs van krag word sodra Media24 sodanige kontrakopstelling skriftelik bevestig het.

Alle e-pos-korrespondensie wat na Media24 gestuur word, sal beskou word as korrespondensie wat ontvang is sodra Media24 amptelik daarop reageer en om alle twyfel uit die weg te ruim, word dit bevestig dat ‘n outomatiese antwoord nie aan hierdie vereiste voldoen nie.

Dié vrywaring sal te alle tye voorkeur ontvang bo enige ander vrystelling wat Besoekers ontvang deur die internet en webgeriewe van Media24 te gebruik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.