Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inligting
Is jy steeds onseker?
Netwerk24: Algemene vrae en antwoorde


1. Wat kry ek alles vir R99?
Die beste nuus- en leefstylinhoud van die dag – terwyl die storie ontvou. Daagliks meer as 200 berigte oor brekende nuus, sport, leefstyl en gesondheid, sake en persoonlike finansies, kuns en vermaak deur Netwerk24 se landwye verslagspan, asook meningstukke en ontledings deur voorste rubriekskrywers en kenners. Die jongste multimedia en video's. Daaglikse inhoud van die voorste Afrikaanse tydskrifte – Huisgenoot, Sarie, Kuier, Tuis, Weg!, Weg! Ry & Sleep, Landbouweekblad, Finweek en Baba & Kleuter, asook die inhoud van daardie week of maand se papiertydskrif in webformaat sodat jy dit maklik op jou selfoon, rekenaar of tablet kan lees.
Jy kan ook die jongste elektroniese uitgawes van hierdie tydskrifte, asook van SA Jagter en TV Plus lees – dit lyk nes die papierweergawe. Asook die elektroniese weergawes van Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport. Plus jy kry toegang tot meer as 30 plaaslike koerante, 'n verskeidenheid nuusbriewe met die keur van inhoud wat Netwerk24 aan jou bied en die geleentheid om saam in jou taal te praat in die kommentaarafdeling onderaan elke berig. 


2. Hoe kry ek toegang tot elektroniese weergawes van die koerante?
Wanneer jy binne jou 30-dae-proeftyd is, kry jy gratis toegang tot die e-koerante van Beeld, Die Burger, Volksblad, Rapport en meer as 30 gemeenskapskoerante. Klik op die “E-publikasies”-skakel op die Netwerk24-tuisblad. 


3. Hoe kry ek toegang tot die elektroniese weergawes van die tydskrifte?
As jy ‘n betalende intekenaar is van Netwerk24, kry jy gratis toegang tot die elektroniese weergawes van 11 van die gewildste Afrikaanse tydskrifte in die land. Klik op die “E-publikasies”-skakel op die Netwerk24-tuisblad. Aktiveer jou toegang tot die e-weergawes van die tydskrifte deur te klik op “Skep MySubs-profiel”. Klik op “Begin lees", dan sal jou biblioteek oopmaak, waar jy al jou elektroniese tydskrifte kan lees. 


4. Watter elektroniese koerante en tydskrifte is beskikbaar wanneer ek 'n betalende Netwerk24-intekenaar word?
As betalende intekenaar van Netwerk24 kry jy gratis toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte – Huisgenoot, Sarie, Kuier, Tuis, Weg! Weg Ry & Sleep, Landbouweekblad, Finweek en Baba & Kleuter, SA Jagter en TV Plus. Jy kry ook toegang tot die drie Afrikaanse dagblaaie Die Burger, Beeld en Volksblad en die Sondagkoerant Rapport. Daarmee saam kan jy ook kies uit meer as 30 gemeenskapskoerante, onder meer Tygerburger, Bloemnuus, Eikestadnuus, Weslander en meer.


5. Hoekom kry ek nie toegang tot die tydskrifte wanneer ek binne my 30-dae-proeftydperk is nie?
Die tydskrifinhoud is eksklusief beskikbaar vir betalende Netwerk24-intekenaars. 


6. Kry ek steeds die eerste 30 dae gratis indien ek besluit om dadelik 'n intekenaar te word?
Ja, indien jy dadelik 'n intekenaar van Netwerk24 wil word, kry jy steeds jou eerste 30 dae gratis. Klik hier om 'n profiel te skep. 


7. Hoe teken ek in op nuusbriewe?
Wanneer jy 'n profiel skep op Netwerk24, word jy outomaties ingeteken op ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe Koffie & Beskuit en Nuusflitse. Jy kan ook kies uit 'n keur van ons beste afdelingsnuusbriewe. Bestuur jou keuses deur op die Profiel-skakel te klik wanneer jy aangemeld is en klik op “Verander” by Nuusbriewe & Promosies.  


8. Hoe registreer ek vir 'n gratis proeftyd van 30 dae?
Dis maklik en vinnig om 'n profiel te skep. Klik hier en vul slegs jou naam, van, e-posadres, wagwoord en kontaknommer in. 


9. Hoe meld ek aan op die Netwerk24-app?
Stap 1: Klik op die kieslys aan die linkerkant van die Netwerk24-logo.
Stap 2: Klik op “Meld aan” en gebruik jou e-posadres en wagwoord om aan te meld.


10. Waar is die elektroniese weergawes van die koerante en tydskrifte op die Netwerk24-app?
Jy kan die elektroniese weergawes van die tydskrifte slegs op die MySubs+-app lees en nie in die Netwerk24-app nie. Genereer jou profiel op Netwerk24 deur op “E-publikasies” te klik.  Jy sal ’n e-pos ontvang met jou aanmeldbesonderhede. Laai dan die MySubs+-app af en meld aan met jou besonderhede om verder te lees. 
Maak só om die MySubs+-app af te laai en aan te meld met jou e-posadres en wagwoord.
Vir 'n Android-toestel: Laai die MySubs+-app af in die Google Play Store. Klik op die sleutel-ikoon en meld aan met jou besonderhede soos deur die MySubs-e-pos bevestig. Klik op “My Library” en dan “All” om toegang te kry tot al jou titels.
Vir 'n Apple-toestel: Laai die MySubs+-app af in die App Store. Meld aan met jou besonderhede soos deur die MySubs-e-pos bevestig. Klik op “ALL” om toegang te kry tot al jou titels.
 
11. Kry ek gratis toegang tot Netwerk24 indien ek 'n koerantintekenaar is?
Indien jy 'n volweek-intekenaar is van Beeld, Die Burger of Volksblad, kry jy gratis toegang tot Netwerk24 deur jou BP-kode te gebruik om jou toegang te aktiveer. Klik hier as jy weet wat jou BP-kode is, of bel die dienssentrum by 087 740 1061. Jy kan ook 'n e-pos stuur na diens@netwerk24.com.


12. Kry ek ook gratis toegang tot Netwerk24 indien ek 'n intekenaar van 'n tydskrif is?
Nee, die gratis toegang tot Netwerk24 is beperk tot volweek-intekenare van Beeld, Die Burger en Volksblad. 


13. Waarom moet ek betaal om toegang tot Netwerk24 te kry?
Netwerk24 se span joernaliste doen sewe dae per week op die toneel verslag van al die uithoeke van die land en skep die daaglikse inhoud wat in die Afrikaanse dagblaaie Beeld, Die Burger en Volksblad verskyn, plus ekstra brekende nuus, video’s en fotogalery. Benewens hierdie unieke daaglikse nuusaanbod, kry jy vir R99 per maand toegang tot die e-weergawes van die dagblaaie en die Sondagkoerant Rapport, asook van 11 Afrikaanse tydskrifte en meer as 30 plaaslike koerante. Dit lyk nes die papierweergawes. Jy kry Rapport en die meeste van die tydskrifte ook in webformaat (selfde woorde en inhoud, net ’n ander uitleg sodat jy dit maklik op jou selfoon, rekenaar of tablet kan lees).
Pleks daarvan om jou koerant of tydskrif by die winkel te koop en dit op papier te lees, kan jy dit nou alles op een plek lees. Dis nou wat jy ’n winskoop noem! 


14. Kan ek Netwerk24 op meer as een toestel gebruik?
Ja, jy kan jou aanmeldnaam en wagwoord op vyf verskillende toestelle gebruik, hetsy of dit rekenaars, slimfone of tablette is.


15. Is die Netwerk24-app gratis?
Die Netwerk24-app is gratis om af te laai in Google Play of in die iTunes-winkel. Jy moet aanmeld met jou e-posadres en wagwoord om die inhoud te kan lees. Klik hier om die app af te laai. 


16. Hoe verander ek my wagwoord?
Gaan na Netwerk24.com en klik op “Meld aan” of klik hier. Klik dan op “Wagwoord vergeet?”. Vul die e-posadres in waarmee jy geregistreer het en jy sal 'n outomatiese e-pos van Netwerk24 ontvang om jou wagwoord te verander.


17. My e-posadres het verander. Hoe kan ek dit bywerk?
Klik op die “Profiel”-skakel regs bo op die Netwerk24-tuisblad. Onder “Rekeninginligting”, klik op “Verander”, en vul jou nuwe e-posadres in. 


18. Hoe word ek 'n intekenaar van Netwerk24 as ek nie 'n kredietkaart het nie?
Netwerk24 bied drie betaalopsies vir nuwe intekenaars. Klik op “Word 'n intekenaar” en maak seker jy is aangemeld met jou e-posadres en wagwoord as jy reeds 'n profiel geskep het. Indien jy nie met 'n kredietkaart wil betaal nie, kan jy 'n debietorder versoek deur die dienssentrum wat jou sal terugbel. Jy kan ook jou R99-intekening by jou Vodacom-kontrak voeg. 


19. Wat is die dienssentrum se besonderhede en kantoorure?
Bel die dienssentrum by 087 740 1073 of stuur 'n e-pos aan diens@netwerk24.com.
Kantoorure: Maandag tot Vrydag 08:00 – 17:00; Saterdag en Sondag 08:00 – 11:00.


20. Wat kry ek wanneer ek registreer vir 'n gratis proeftyd?
Jy kry gratis toegang tot al die nuus in Afrikaans in webformaat asook die PDF-weergawes van jou gunstelingkoerante: Beeld, Die Burger, Volksblad, Rapport en verskeie streekskoerante. Jy kry ook toegang tot sekere inhoud wat op die webtuistes van jou gunstelingtydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Tuis, Landbouweekblad en Weg! verskyn. Jy kry egter nie toegang tot die inhoud wat in die gedrukte tydskrifte verskyn nie – daarvoor moet jy ’n betalende intekenaar van Netwerk24 wees. Jy kan dan die elektroniese weergawe van die tydskrif op Netwerk24 lees, wat nes die papierweergawe lyk, of jy kan dit in webformaat lees deur op jou gunstelingtydskrif se naam bo-aan Netwerk24 se tuisblad te klik. 


21. Moet ek my kredietkaartbesonderhede gee wanneer ek registreer?
Nee, jy hoef nie jou kredietkaartbesonderhede te verskaf om vir 'n proeftyd te registreer nie. Jy kan net kom saamkuier. Jou kredietkaartbesonderhede is eers nodig wanneer jy 'n betalende intekenaar wil word.  


22. Hoe kry ek toegang tot die e-weergawes van die tydskrifte?
Maak seker jy is aangemeld met jou Netwerk24-besonderhede. Klik op “E-publikasies” en dan op "Skep MySubs-profiel” om jou toegang te aktiveer.


23. Hoekom is daar advertensies op Netwerk24?
Netwerk24 se sakemodel is gegrond op twee bronne van inkomste – intekenare en advertensies. Indien ons geen advertensies op Netwerk24 toelaat nie, sal die intekenprys beduidend moet styg om volhoubaar te wees. Uitnemende joernalistiek is duur en inkomste uit advertensies word hiervoor gebruik in aanvulling tot inkomste uit intekenare. Die beginsel is dieselfde as wanneer jy ‘n koerant sou koop. Die advertensies in die koerant betaal joernaliste se salarisse en help ons om daagliks nuus aan lesers te bring.


24. Hoe lees ek die tydskrifte se gedrukte inhoud op Netwerk24 se app?
Die meeste van die tydskrifte se artikels van hul jongste uitgawe kan in webformaat op Netwerk24 se app gelees word.
Dis dieselfde woorde en inhoud as op papier, net met ’n ander uitleg om dit vir jou maklik te maak om op jou selfoon, rekenaar of tablet te lees.
Só kom jy daar uit:
Klik heel bo in die linkerhoek op die drie strepies.
Klik langs Netwerk24 se logo op die pyltjie wat afwaarts wys.
Klik dan op die tydskrif wat jy wil lees.
Dan klik jy weer op die drie strepies heel bo in die linkerhoek.
Kies dan die woord Tydskrif om by die artikels uit te kom.



Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.