Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inligting
Lees e-koerante en -tydskrifte nou in jou Netwerk24-app

Goeie nuus! Ons stel ons splinternuwe, veel beter e-leser bekend sodat jy nou jou e-koerante en -tydskrifte gerieflik in die jongste weergawe van jou Netwerk24-app kan lees. Jy het dus nie meer 'n aparte MySubs-app daarvoor nodig nie.

Jy kan ook die teks vergroot sodat jy makliker kan lees.

Ons het ook 'n bietjie 'rakke reggepak', en koerante en tydskrifte netjies in twee afdelings gekategoriseer.

Kortom, dis 'n verbeterde leeservaring met alles op een plek in jou Netwerk24-app.



SÓ LEES JY NOU JOU E-PUBLIKASIES IN DIE NETWERK24-APP:

1. Klik op E-publikasies op die hamburger-navigasie (die drie strepies onder mekaar links bo in jou app). 

pagesuite


2. Jou nuwe e-leser sal oopmaak. Kies om koerante of tydskrifte te lees.

pagesuite


3. As jy klik op 'Koerante', sal jy die landingsblad met Beeld, Die Burger Metropool, Die Burger Suid-Kaap en Die Burger Oos-Kaap, Volksblad asook Rapport én jou gemeenskapskoerant in jou streek sien. 

pagesuite


4. Klik op die voorblad om die jongste uitgawe te lees.  

pagesuite


5. As jy op 'vorige uitgawes' klik, sal dit jou na die argief van die koerant neem. 

pagesuite


6. Op dieselfde manier kan jy op die jongste voorblad van jou gunsteling-tydskrif klik om te begin lees of op 'vorige uitgawes' klik vir die argief. Slegs intekenare het toegang tot tydskrif-inhoud. 

pagesuite
pagesuite
pagesuite
pagesuite


7. Sodra jy die titel oopmaak om te lees, sal jy stap-vir-stap-aanwysings kry vir elke funksionaliteit. 

pagesuite


8. As jy op die hamburger-navigasie klik (die drie strepies onder mekaar, regs), sal jy funksionaliteit sien wat jou toelaat om alle of gespesifiseerde bladsye te stoor om later te lees

INTERNETTOEGANG
Jy het internettoegang nodig om e-publikasies te lees. As jy jou datakostes wil bestuur, lees eerder jou e-publikasies terwyl jy aan wifi gekoppel is. 

google play
App store


Meer oor:  Pagesuite  |  E-Koerante  |  E-Leser  |  E-Tydskrifte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.