Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Kry meer vleis vir jou geld
SA Pork

Spek is dalk ’n wenner vir ontbyt, maar varkvleis vir aandete is altyd bobaas – sappige varktjops, val-van-die-been-af sagte varkribbetjies, lekker varkworsies en wat is ’n spesiale geleentheid nou sonder brosgebraaide, krakerige varkrepe? (“rashers”)

Dis perfek vir vinnige, maklike aandetes sowel as daardie spesiale uithalergereg waarmee jy kan spog. Skyfies koue oorskietvarkvleis met mosterd op toebroodjies is ook ‘n lekkerny .Dis g’n wonder varkvleis is die mees verbruikte vleissoort wêreldwyd nie. Dis nog beter om te weet dat die Suid-Afrikaanse varkbedryf se produksieprosesse verseker dat  ons  topgehalte, vars varkvleis in ons plaaslike supermarkte en slaghuise kan koop. 

En nou, in ’n tyd waarin begrotingsvriendelike kos so belangrik is, is dit die beste tyd om Suid-Afrikaans varkvleis te koop. Die prys van varkvleis per kilogram is veel laer as enige ander rooivleissoort. Slim verbruikers kan daarby baat vind om nou in grootmaat te koop omdat daar talle spesiale aanbiedings by voorste supermarkte is. Varkvleis is nie net bekostigbaar nie; dis ook heerlik, veelsydig en maklik om gaar te maak. 

Wenk:

  • Maak seker jy maak nie jou varkvleis oorgaar nie.
  • Verwyder uit die braaipan/oond voor die vleis droog raak en laat die vleis 5 minute rus voor jy dit sny.

Ons weeklikse wenke en maklike resepte-idees sal jou help om ’n paar keer per week ’n heerlike ete op die tafel te sit. 

Besoek www.sapork.co.za vir meer inligting.

BESTE WAARDE VIR JOU GELD

Vergelyk gerus vleispryse per kilogram en oortuig jouself dat varkvleis die beste kopie is. Wees op die uitkyk vir kostebesparende varkvleispakke in jou supermark. Dit bevat dikwels ’n stuk varkboud, ’n paar varkrepies (“rashers”) en tjops. Hier is smullekker idees om dit gaar te maak. 

Moderne produksiestelsels verseker dat varke grootgemaak word in ‘n beskutte, skoon omgewing met die beste moontlike dierewelsynbeginsels. ’n Magdom gesondheids- en volhoudbaarheidsmaatreëls word streng toegepas en word voortdurend gemonitor.


Varkvleis in Suid-Afrika is van wêreldklas gehalte en heeltemal veilig om liggaar of effens pienk in die middel voor te sit. Of jy dit nou braai, oondrooster of in die pan gaarmaak, verwyder dit betyds van die hitte en laat rus dit vir 5 – 7 minute om te verhoed dat dit droog word. Sappige, liggaar vleis smaak baie lekkerder as droe vleis. Dis onnodig om varkvleis oorgaar te kook, bak of braai. Daar is niks in die vleis waarvan jy in die kookproses hoef “ontslae te raak” nie. 

VARKVLEISKERRIE

SA Pork

Kerrie bly die wonderlikste trooskos. As jy hierdie resep met varkboud maak, is dit nie net bekostigbaar nie, dis ook heelwat gouer gaar as wanneer jy stowevleis of skenkels sou gebruik.


Genoeg vir 4 tot 6 mense | Bereiding: 20-30 minute | Gaarmaaktyd: 45 minute

Bestanddele:

30 ml (2 e) olie3 knoffelhuisies, fyn gekap

2 cm gemmer, geskil en gerasper 

1 ui, fyn gekap20 ml (4 t) geroosterde masalamengsel of matige  kerriepoeier

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) fyn komyn

1,2 kg varkboud, sonder swoerd, in blokkies gesny

sout en swartpeper

1 blik (410 g) gekapte tamaties

300 ml water

15 ml (1 e) sagte bruinsuiker

20 g  koljanderblare, gekap

2 botterskorsies, geskil en in stukke gesnygaar

basmatirys vir voorsit

Maak so:

  • Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die knoffel, gemmer en ui ’n paar minute.
  • Roer die masalamengsel of kerrie, borrie en komyn by en braai ’n paar minute tot geurig.
  • Voeg die varkblokkies by en braai sowat 5 minute oor hoë hitte. Verlaag die hitte en geur met die sout en peper.
  • Voeg die tamaties, water, bruinsuiker, helfte van die koljanderblare en botterskorsie by en laat prut 30-40 minute of tot sag.
  • Voeg die res van die koljander by en sit voor met die basmatirys.

VARKVLEIS-OONDSKOTTEL

SA Pork

Die lekkerte van die gereg is dat jy die vleis en groente alles in een skottel in die oond gaarmaak. Die vleissnit, groente en slaai is alles bekostigbaar, wat hierdie ’n lekker sakpasresep vir kouer weer maak. 

Genoeg vir 4 tot 6 mense | Bereiding 20 minute | Gaarmaaktyd 2½ uur

Bestanddele:

Varkvleis

11/2 kg varkboud, swoerd verwyder en in dik skywe gesny

sout en peper na smaak

Sous

1 ui, fyn gekap

5 cm gemmerwortel, gerasper

5  knoffelhuisies, fyn gedruk

5 ml (1 t) Chinese vyfspeserymengsel

5 ml (1 t) mosterdpoeier

5 ml (1 t) paprika

1 blik (400 g) tamatiepuree

60 ml (½ k) appel- of rysasyn

80 ml (1⁄3 k) sojasous

80-125 ml (1/3 – ½ k) heuning of suikersowat

125 ml (1/2 k) hoenderaftreksel

Groente

4 patats, in stukke gesny

Halwe kopkool, in wiggies gesny

Maak so:

Voorverhit die oond tot 140 °C.1

Varkvleis

  • Geur die varkboudskywe met sout en peper en pak in ’n groot, plat oondvaste bak.

Sous

  • Meng al die sousbestanddele en giet oor die vleis.
  • Bedek met tinfoelie en bak 1½ -2 uurof tot sag en bruin.
  • Vul die sous met die hoenderaftreksel soos nodig.

Groente

  • Voeg die patats die laaste driekwart-uur by en die kool die laaste 20 minute.\
  • Haal die foelie af as jy die kool byvoeg.
  • Sit die oondskottel voor saam met slaai en brosgebraaide swoerd (sien wenk)

Wenk 1:

  • Wortel-en-koolslaai: Meng 60 g elk wortel-en-beetrepies (of slegs gerasperde wortel) met 4 radyse wat in dun skyfies gesny is en 1 appel, wat in julienne-repies gesny is. 
  • Maak ’n slaaisous van die sap van 1 lemmetjie of suurlemoen, 30 ml (2 e) elk olie en rysasyn en 10 ml (2 t) suiker.
  • Giet oor die slaai.

Wenk 2:

  • Vryf die swoerd met sout, plaas op ’n bakplaat en rooster onder die roosterelement tot die meeste vet uitgebraai en die swoerd lekker bros is. Breek in stukke en geniet saam met die vark-oondskottel 

PANGEBRAAIDE VARKTJOPS MET SALIE

SA Pork

Genoeg vir 6-12 mense | Bereiding: 15 min | Gaarmaak: 20 min

Bestanddele:

6-12 varktjops

sout en peper na smaak

15 ml (1 e) olyfolie of ander kookolie (plus bietjie ekstra)

15 ml (1 e) botter (plus ekstra)

’n groterige handvol vars salieblaartjies

Maak so:

  • Gebruik ’n skerp mes (of ’n kunsmessie met ’n vlymskerp lem) om insnydings te maak in die buitenste randjie van die tjops, sodat dit nie in die pan omkrul nie. Geur met sout en peper.   
  • Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die tjops goudbruin aan albei kante. Moenie oorgaar maak nie. 
  • Voeg die meeste van die salieblare by die olie in die pan en braai liggies vir ekstra geur. 
  • Verwyder die pan met die tjops van die hitte en laat rus die tjops in die pan vir 5 minute. 
  • Sit warm voor en skep die gebraaide salie en botter bo-oor. Rond af met vars blaartjies salie. 

Wenk:

  • Dis veral lekker saam met warm geroomde mielies (sweetcorn) of gebraaide vinkelstukke. Ook heerlik saam met ertjiepuree of beethoemoes.  



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.