Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Affair bly pla
11 Julie 2018

is dit regtig verby?

Antie, ek is nou al vier jaar getroud en ons het twee seuns. Ek het onlangs uitgevind my man het ’n buite-egtelike verhouding. Nadat ek van die affair uitgevind het, het my man alle kontak met die ander vrou verbreek. Wat ek moeilik vind, is dat hulle twee so dolverlief was, maar mekaar so maklik kon los. Hoe weet ek dis regtig verby? VROUTJIE

beste vroutjie

My hartjie, wees openlik met jou man en gesels soos grootmense met mekaar. Probeer hom weer vertrou, want jy het hom ’n tweede kans gegee. Dis natuurlik en menslik dat jy steeds agterdogtig is, veral omdat jy weet die twee tortelduifies kon nie genoeg van mekaar kry nie.

Stel aan hom ’n ultimatum: As jy uitvind hy verneuk jou nog, sal jul paadjies moet skei. Jy kan nie jou twee kinders in ’n ongesonde atmosfeer grootmaak nie. As jou man regtig lief is vir jou, sal hy alles in sy vermoë doen om jul huwelik te red. Probeer om as gesin meer dinge saam te doen en meer tyd saam deur te bring. Sorg dat jy goed en sexy lyk en oorlaai hom met liefde sonder om hom te versmoor. Dalk soek hy net aandag om te kyk of jy regtig vir hom omgee. Maar moet jou ook nie aan die neus laat lei nie.

kan nie kies nie

Antie, ek het twee mans in my lewe wat vir my baie beteken. Hulle weet nie van mekaar nie. Een bly ver van my af en die ander een naby. Ek en die een wat ver bly, het al saam geslaap. Ons ken mekaar al lank. Hy sê hy is lief vir my, maar deesdae is hy anders. Ons praat nie meer nie. Die ander een is ook lief vir my, maar ons het nog nooit tyd saam spandeer nie. Hy doen moeite om te hoor hoe my dag was en laat my goed voel. Vir wie moet ek laat gaan? deurmekaar

beste deurmekaar

Jy speel met vuur om met twee ouens involved te wees. Jy kan jou vingers lelik verbrand. In die eerste plek het jy ’n groot fout begaan om met die eerste een te slaap. Hy het gekry wat hy gesoek het. Sy “liefde” het opgedroog, want dit was nie eg nie. Paartjies verwar liefde met seks en dink dit bind ’n verhouding. In sommige verhoudings is seks al glue wat die twee bymekaar hou. Opregte liefde vir mekaar word nie deur saamslaap in stand gehou nie. Dít het jy ondervind. Leer hieruit, want deur jou teen dié man blind te staar, gaan jy dalk die ander een verloor wat regtig lief is vir jou. As hy iemand is wat jou respekteer en in wie jy glo en jy hoef nie met seks te bewys jy is lief vir hom nie, is daar belofte vir ’n gesonde verhouding.

Hy wil nie skei nie

Hallo, Antie. Ek is raadop. Ek is al agt jaar in ’n verhouding met ’n man wat nooit tot skei kom nie. Hy belowe net hy sal skei, maar dit gebeur nie. My lewe staan stil. Sy tienerdogter uit sy huwelik maak die lewe vir my ondraaglik. Ons kom nie met mekaar klaar nie. ongelukkig

beste ongelukkig

Ai, as jy nou nog nie besef jy word misbruik nie, is dit ’n hartseer saak. Hierdie skarminkel wil sy brood alkant gebotter hê en hy hou jou al jare aan ’n lyntjie! Hy vat jou vir ’n pop!

Jy word nie jonger nie. Jy laat self jou lewe stilstaan omdat jy vasklou aan sy valse beloftes. Hy gaan nie sy vrou en kind vir jou los nie. Hy gaan te veel verloor. Wat anders kan jy van sy tiener­dogter verwag as jy die een is wat hul huisgesin wil opbreek?

Jy voer ’n verlore stryd. Laat hom gaan. ’n Mens bou nie jou geluk op ander se seer net omdat jy dink jy is geregtig op geluk nie. Op die ou einde kan géén mens op aarde ’n mens se gelukbepaal nie. Jy is die skepper van jou eie geluk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.