Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Albert is altyd aan die gang
4 September 2019
albert de bruijn
Albert de Bruijn

Sy hande staan vir niks verkeerd nie en Kuier-lesers het vir Albert de Bruijn (52) van die Strand leer ken as ons eie Mr Fixit.

Deesdae het hy sy eie renovasie-besigheid en reël fietstoere regoor die land, maar wanneer hy terugdink aan sy jare by Kuier, kan Albert nie anders as om van oor tot oor te glimlag en dadelik te begin gesels nie. “Raytjie (Kuier se adjunk-redakteur) het my gewaarsku dié nuwe tydskrif is eintlik vir bruin vroue en dat ek die enigste (manlike) whitey gaan wees,” lag hy.

Vir Albert was dit egter ’n bonus, soos om huis toe te kom. As kind was sy pa ’n sending-dominee op Rawsonville en volgens Albert het hy grootgeword in die bruin gemeenskap. Juis daarom was dit vir hom spesiaal om weer deel te wees van dié kultuur soos toe hy ’n kind was.

“Die Connections-funksies was veral vir my amazing. Ek het so een fan gehad, Jenny, wat altyd flou geword het as sy my sien.”

Dit was vir hom so lekker om tydens hierdie geleenthede die Kuier-lesers se merkwaardige stories eerstehands te hoor.

Woes & wonderlik

albert fixit
Albert wys vir 'n Kuier-antie hoe om 'n gaatjie te boor.
Kuier

Kuier se begin-dae was egter, in Albert se woorde “challenging tye”, want die drukmedia was besig om te krimp en begrotings was maar skraps. “Die span was onder ongelooflike druk gewees om die tydskrif te maak werk. Almal het die potensiaal daarin raakgesien. Ek onthou by party shoots het ek of my vrou, Anlie, sommer foto’s met my selfoon geneem vir die tydskrif. Dís hoe tight dit was. Hulle het ure gewerk wat jy nie kan glo nie. Dáár het die span oud geraak.”

Een van Albert se geliefde herinneringe van Kuier was die keer wat hy, Kay, Ray, Karen (Hart) en Llewellyn (Kuier se eertydse bemarkingsbestuurder) KKNK toe is. Die span wou ’n Connections by die fees doen, maar het min kaartjies verkoop. “Kay het net gesê ‘no ways, ons gaan die saal volmaak’. Ons het toe die strate van Oudtshoorn platgery en oor ’n loudspeaker vir almal wat wou luister, vertel van die event. Kay het trompoppies gereël om saam te stap. Die volgende oomblik ruik ons net rook, toe het ons die hele speaker uitgebrand! Toe moet Kay en Ray in die state afloop en cheer, want toe is hulle die mikrofone!”

Dis op dié trippie dat hy heel toevallig ’n lewenslange vriendskap begin het met akteur Melanie du Bois. “Die span was by ’n restaurant met ons pienk Kuier-T-hemde aan en Melanie wou ook een hê.”  Van daar het Albert haar uitgedaag om die Argus-fietstoer saam met hom te ry om fondse in te samel vir ’n kanker-liefdadigheidsorganisasie. (Sy seun, Jan-Louis, 21, is kort voor Albert se Kuier-dae met ’n selde en aggressiewe tipe kanker gediagnoseer). Vandag is Melanie steeds ’n gereelde gas in die Du Bruijn-huis en hy is ook groot vriende met Crystal-Donna Roberts wat hy ook deur sy werk by Kuier ontmoet het.

Albert onthou sy eerste kuier op die 7de Laan-stel in Johannesburg saam met Ernusta. “Dit was Ernie se eerste groot storie en sy het vir haar bootsies gekoop vir die geleentheid. Maar ons het so verskriklik verdwaal dat haar voete naderhand nie meer kon loop nie en dan moes sy nog haar groot, swaar tas ook agterna sleep,” lag hy uitbundig.

Hoewel Albert altyd vrolik en met ’n glimlag by die kantoor was, het die kommer oor Jan-Louis (toe 9) vir hom en sy vrou slapelose nagte gegee. Tog, ná ernstige behandeling, operasies en gebede het hy oorleef, ondanks sy lewensverwagting van vyf jaar. “Die Kuier-span se ondersteuning was fenomenaal. Hy en sy sussie, Annemie (24) het voor hul oë grootgeword,” vertel hy met oë wat blink.

En in sy hart sal Albert altyd deel van die

Kuier-familie bly. 
Meer oor:  Kuier  |  Albert De Bruijn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.