Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Antie Val: Ek is baie bekommerd oor my kind se gesondheid
5 September 2018

Lief vir kos

Antie, ek is desperate om my figuur uit te sort, maar ek is net nie die soort wat min kan eet nie. Ek hou baie van lek-ker eet en my man sê ek is uitgevreet en te vet. Dit is net dat ek altyd vir iets lus. Ek wil nie hê my man moet dink ek is te vet nie. Help my.

- ETER

BESTE ETER

Jy moet jou kop skoon kry en jou lus vir onnodige goed uitsorteer.

Dit is nie nice van jou man om só te sê nie, maar beskou dit as motivering om te werk aan jouself. Spesiale diëte kan help met jou gesondheid en kan ook help met energie en die groei van jou hare en naels. Jy sal ook beter voel.

Gaan doen so ’n bietjie navorsing oor ’n beter en gesonder leefstyl wat by jou pas of gaan sien ’n dieetkun­dige. Kies ’n eetplan wat jou toelaat om lekker en genoeg te eet, maar steeds goed is vir jou.

Probeer ook om ’n bietjie oefening in te kry. Dit sal help om jou liggaam en suikervlak te reguleer en só sal jy nie meer onnodig lus vir goed nie. Ek moet jou waarsku dat alles met jou houding begin. So probeer om positief te wees en stel vir jouself ’n realistiese teiken.

VERDRINK MEISIEKIND

Beste Antie Val, ek is baie bekommerd oor my kind se gesondheid.

Sy het baie mansvriende en is min doenig met meisies. Elke ander dag is daar ’n nuwe klong op die toneel en word aan my voorgestel as vriende. Ek hou nie daarvan nie en is mos nie dom nie.

Ek is seker die kind is seksueel aktief en al die ouens kan mos nie net vriende wees nie. Ek is nie net bang sy word swanger nie, maar dat sy iets optel. Hoe weet ek sy is oukei?

- BANG

BESTE BANG

Jy sal jou kind moet vertrou, maar ook aanhou om haar te herinner aan die gevare van onbeskermde seks.

Dis goed dat sy hulle aan jou voorstel. Hoekom gesels jy nie met die seuns nie? Dit is nie onredelik om te wil weet wat hul intentions met jou dogter is nie.

Dit is ook jou plig om met jou dogter oor seks en haar gesondheid te praat. Dit is jou reg om te weet wat in haar lewe aangaan en dit is beslis ook jou reg as ouer om seker te maak dat jy jou beste doen om haar te beskerm, veral as sy minderjarig is. Daarna is haar lewe in haar eie hande.

Verseker haar dat jy daar is vir haar en dat jou deur altyd oop is. Sy moet weet sy kan haar ma vertrou en enigiets met jou deel.

Miskien dink jy net jouself bang. Die moontlikheid bestaan regtig dat sy net meer mansvriende verkies as meisies. Sterkte met die gesels en onthou dinge is nie altyd so erg soos wat jy dink nie.

GENIET MANS SE AANDAG

Antie Val, ek bly in ’n wendy in my skoonma se jaart.

My man is nou al drie jaar oorlede. Ek mis hom baie en ek is nog baie seer, maar ek weet ek moet aanbeweeg.

Ek het vir die eerste twee jaar net gehuil. Nou is ek beter en voel goed as ander mans my sien.

My skoon­ma beskuldig my van selfish wees en dat ek met mans lê. Dis nie so nie. Wat moet ek doen om my skoonma te oortuig dat ek net mens is en nog jonk is?

- WEDUWEE

BESTE WEDUWEE

Ek weet jy is baie seer oor jou man, maar jy is reg, ’n mens moet aanbeweeg.

Jy en jou man het ’n belofte aan mekaar gemaak om getrou te bly tot die dood julle skei.

Jy is ’n groot vrou wat vir haarself besluite kan neem. As jy reg is om bietjie uit te kom en ander mans te ontmoet, doen dit. Jy het niks om oor sleg te voel nie en jy doen niks verkeerd nie.

Dalk moet jy begin rondkyk vir ’n ander blyplek. Wees net versigtig en weet dis nie so maklik daarbuite nie en daar is baie mense wat jou kan bedrieg.

Meer oor:  Kuier  |  Raad  |  Antie Val
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.