Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Boodskap: Vergewe en vergeet
13 November 2019
Foto: Verskaf

Soms tref die waarheid ons op ’n ongewone manier om ons aandag te kry. Dit is omdat die meeste van ons regtig daarin goed is om te hoor wat ons wil hoor en te sien wat ons wil sien.

Ongelukkig beteken dit dat ons dan ongemaklike waarhede ignoreer, insluitend die eenvoudige onderrig van ons Here dat ons ander moet vergewe as ons wil hê God moet ons vergewe.

In Mattheüs 18:23 – 35 het Jesus Christus ’n baie ontstellende gelykenis wat die waarheid vir ons almal duidelik moet maak. ’n Dienaar skuld sy heerser meer geld as wat hy moontlik kan verdien in sy hele lewe. Toe hy nie kon betaal nie, was die Meester gereed om hom en sy hele gesin te verkoop ten einde die skuld te dek. Maar die dienskneg smeek vir meer tyd om te betaal en die Meester betoon barmhartigheid aan sy versoek. Die gevolg is dat die man en sy familie veilig was van straf van enige aard.

Hierdie gelykenis trek ons aandag omdat baie van ons dit uiters moeilik vind om mense te vergewe wat ons seergemaak het in die verloop van die lewe. Óf dit nou dae, jare óf dekades gelede gebeur het – dit is moeilik om te vergewe. Baie van ons wil ons nie losmaak van wat agter is nie en hou daarvan om wrokke teen ons medemens te hou.

Soos alles anders in die Christelike lewe, is vergifnis ’n proses van genesing, aangesien ons meer deelneem in die lewe van Christus deur die krag van die Heilige Gees. Let op dat die Here die gelykenis gesluit het deur te sê dat ons ander moet vergewe. Al is dit ’n noodsaaklike en belangrike eerste stap, moet ons besef dit is net die begin van die reis. Ons doel is nie net om ’n bietjie selfbeheersing toe te pas nie, maar om ten volle te versoen. Ons moet so gevul wees met liefde dat ons moet leer om te vergewe en te vergeet. Wys aan diegene dieselfde genade wat die Here ons gewys het met ’n suiwer en hele hart.

Net soos ons wil hê God moet ons vergewe wanneer ons sondig, moet ons besef daar is geen beperking op die vergifnis nie. Toe Petrus vra hoeveel keer hy sy broer wat teen hom gesondig het, moet vergewe, miskien sewe keer, het Christus gesê, “Nee, 70 maal sewe” (Matt. 18:22). Met ander woorde, ons moet altyd vergewe.

Niemand moet opgee en wanhopig wees oor ons stryd om ander te vergewe nie. Jesus Christus bring ons in die ewige lewe sodat ons deel in Sy oorwinning oor sonde en dood. Hoe meer ons deelneem aan Hom, hoe meer sal ons Sy vergifnis uitbrei na diegene wat ons leed aangedoen het. As ons weier om dit te doen, weier ons Christus en verwerp ons Sy barmhartigheid. En wanneer ons Hom weier, veroordeel ons net onsself.

In oomblikke van woede en pyn, is dit gewoonlik baie makliker om te oordeel, as om lief te hê en te vergewe. Soos enige ander gebied van swakheid in die Christelike lewe, moet ons stryd om te vergewe met ’n opregte belydenis begin veral wanneer ons ’n wrok teen iemand anders koester. Só moet ons vra vir God se vergifnis en help om gesond te word.

Ons moet ook bid vir diegene wat ons beledig, vra God se seëninge oor hulle. Moet hulle nie verwyt nie, maar bly aanhou bid vir hulle. Wanneer ons in die versoeking kom en onthou wat hulle aan ons gedoen het of om hulle te oordeel, moet ons onmiddellik ons aandag draai na die gebed van Jesus. Ons is nie die regters van ander nie, want die oordeel kom ons nie toe nie.

Dit is ’n lang stryd, maar as ons konsekwent wegdraai van onheilige gedagtes, sal hulle hul mag oor ons verloor. As ons minder aandag gee aan ons versoekings, sal hulle verminder.

Onthou ook wat Christus gesê het op die kruis: “Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” (Luk. 23:34)

Daar is geen beperking op die vergewensgesinde liefde van Jesus Christus nie. En as ons in Hom is, kan daar geen beperking op ons vergifnis wees nie. Dit is slegs deur die krag van die Heilige Gees in ons harte en siele dat ons God se liefde kan uitbeeld.

Ons sal moet aanleer om selfs ons vyande te vergewe vir die vele leed wat hulle ons aangedoen het.

Dra God se genade oor aan jou vyande omdat dit die manier is hoe ons onself oopmaak vir die genade wat ons benodig vir die helingsproses.

* Eerw. Jerome C. Gordon is die leraar van die St. Joseph A.M.E.-kerk in die Paarl. Hy voltooi tans sy meestersgraad in teologie aan die Payne Teologiese Universiteit in Amerika.

Meer oor:  Kuier  |  Boodskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.