Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
David & Taliep: 'Remake' van teaterstuk op planke
18 Maart 2020


Ná uitverkoopte vertonings verlede jaar is Danger in the Dark, die nuwe weergawe van David Kramer en wyle Taliep Petersen se teaterstuk Poison, terug.

Dit beloof om gehore regop te laat sit en na te dink oor skokkende realiteite soos dwelmmisbruik en geslagsgebaseerde geweld. Die gehoor kan uitsien na ongelooflike storievertelling, die oorspronklike klankbaan en liedjies deur Taliep. Dis ook benoem vir vyf Fleur du Cap-toekennings.

Dit speel af in die hartjie van die gevaarlike Kaapse Vlakte. Pamela, ’n idealistiese maatskaplike werker wat dwelmhandelaars aanvat, loop haar ou skoolvriend Juanita raak. Pamela probeer desperaat om haar vriend te help ontsnap uit die kloue van ’n dwelmhandelaar.

In die proses word sy ingetrek in donker en gevaarlike plekke en situasies. Dit wys hoe mense uit goeie huise ook verkeerde besluite maak en beïnvloed word.

Danger in the Dark is nog tot 28 Maart 2020 by die Baxter-teater te sien. Kaartjies is by Webtickets beskikbaar.

Rushney Furgeson en Alexis Petersen
Rushney Furgeson en Alexis Petersen

Alexis

Alexis Petersen (25) van Athlone in die Kaap is die stil dog borrelende persoonlikheid agter die karakter van Pamela. Haar ouers was albei operasangers in hul jongdae, terwyl haar oupa vir dekades aan die stuur was van die Gleemoor-dameskoor. Alexis het in die teater grootgeword en het geweet sy wil ook een van die gesigte op die verhoog wees.

“Ek leef my purpose uit elke aand wanneer ek op daardie verhoog staan,” sê sy. Alexis voel die kunste is ’n briljante manier om mense te laat ontspan, maar dit is ook een van die beste maniere om moeilike boodskappe oor te dra.

Rushney

Rushney Furgeson (31) van Pacaltsdorp in die Suid-Kaap speel Juanita en het vroeg besef sy wil mense se harte aangryp en hulle opvoed. En dít wil sy deur musiek en stories op die verhoog doen.

“As jy vir iemand ’n geleentheid of ’n tweede kans kan gee, is dit iets wat hulle sal bemagtig. Dit is deel van die rede hoekom ek juis so hard werk, omdat mense vir my ’n kans gegee het.”

Dit is ’n blessing om jou passie te kan uitleef in ’n mededingende bedryf soos die kunste.”
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.