Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Doen oefeninge sit-sit só by die werk
22 Januarie 2020
werkoefeninge


Verskeie studies bewys as jy oefen, sal jy meer produktief wees. Hoe fikser jy is, hoe meer energie en minder stres het jy. Dit gee jou ook meer krag om jou werk te kan doen.

Die goeie nuus is jy hoef nie gym toe te gaan nie, daar is eenvoudige oefeninge wat jy by jou lessenaar kan doen.

Dit is belangrik vir mense wat heeldag agter ’n lessenaar sit om dié mini-oefensessies gedurende kantoorure te skeduleer. Dis nie net goed vir jou gesondheid nie, dit help ook om stres, angs en jou postuur te verbeter.

Boonop verbrand mense wat sit, minder kalorieë en kenners glo dit kan bydra tot hartprobleme en vetsug, omdat jy geneig is om te eet en minder te beweeg.

Jou roetine

Tinus Biermann, ’n persoonlike afrigter en biokinetika-kenner, raai kantoorwerkers aan om dié vier oefeninge te doen om jou gemoed te lig en produktiwiteit en energie te verhoog.

Bene:

As jou verhoging nêrens in sig is nie, kan jy ten minste mooi bene hê deur jou bene onder jou lessenaar op te lig. Dit is ’n maklike oefening wat jy sommer kan doen terwyl jy in die oggend jou e-posse beantwoord.

Vir hierdie oefening moet jy een of albei bene reguit lig en vir vyf sekondes in die lug hou. Laat sak jou bene ná vyf sekondes sonder om die vloer te raak en herhaal dan 15 keer. Dit versterk jou “core” oftewel jou kernspiere (maag- en rugspiere). Dit sal help om rugpyn te verminder en bene te strek.

Agterstewe:

Die tweede oefening word die silent seat squeeze genoem en is daarop gemik om jou glutes (die spiere in jou agterstewe) te versterk en werk veral goed gedurende ’n lang vergadering of telefoonoproep.

Knyp jou agterstewe styf en hou dit só vir 5 tot 10 sekondes voordat jy dit verslap. Herhaal totdat die oproep klaar is of tot die spiere in jou agterstewe moeg word.

Skouers:

Volgens Tinus is jou skouers een van die liggaamsdele wat die vinnigste styf en moeg word wanneer jy te lank sit en ook wanneer jy baie stres het. Omdat kantoorwerkers ook heeldag voor hul rekenaar vasgenael is, help skouerspieroefeninge om die spiere te versterk en pyn te verminder.

Om jou skouerspiere te versterk, kan jy albei skouers optrek na jou ore en dit vir 5 sekondes hou, voordat jy dit laat ontspan. Jy kan dit eers ’n bietjie lig en dan later hoër probeer lig met ’n gewig soos waterbottels wat jy in elke hand vashou.

Om jou arm- en skouerspiere verder te strek, kan jy ook jou arms lig en jou hande bo jou kop vashou vir 5 sekondes. Herhaal albei oefeninge 15 keer.

Maag:

Die laaste oefening is daarop gemik om jou met jou abs te help. Haal diep asem en maak jou buikspiere styf. Trek dit in in die rigting van jou ruggraat wanneer jy uitasem. Hou die posisie vir 5 tot 10 sekondes voordat jy uitasem.

Doen dit vir 12 tot 15 herhalings. Dit help nie net om jou abs te versterk nie, maar dit werk ook aan die kante van jou maag.

Dis nie net goed vir jou gesondheid nie, dit sal ook help om stres, angs en jou postuur te verbeter.

Wenke vir postuur:

“Dit is belangrik om nie te lank in dieselfde posisie te bly nie. Dit plaas druk op jou spiere en veroorsaak slegte postuur,” sê Tinus.

* Vat breaks en staan op. Verbeter die polsspierkrag (wrist muscle strength) met ’n spanningsbal of ’n haltergewig (dumbbell weight). Dis veral ’n goeie idee as jy baie tik en ’n muis gebruik.

* Vervang jou stoel met ’n oefenbal as jy jou postuur en kernspiere wil verbeter. Om daarop te sit, moet jy jou maag- en kernspiere gebruik. Omdat jou spiere aktief is, verbrand jou liggaam meer kalorieë as wat jy in ’n kantoorstoel sou verbrand.

* ’n Staanlessenaar is ook ’n opsie vir beter postuur en om kalorieë te verbrand. As jy staan, word jou spiere versterk en is dit gesonder as om heeldag te sit. Moderne weergawes van ’n staanlessenaar is verstelbaar, sodat jy ook kan sit. Hoewel oefening steeds die doeltreffendste manier is om vinnig kalorieë te verbrand, kan dit net voordelig wees om eerder te staan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.