Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Elke bietjie help
5 September 2018
liefdadigheid

Die nood en behoefte is groot in ons gemeenskappe – honger, mishandeling en verslawing om net ’n paar van die kwessies op te noem. Maar min van ons maak tyd om aan ander se pyn te dink en nog minder, om iets te doen om dit te verander. Een so ’n goeie siel is Curt Baker, Kuier se handelsmerkbestuurder. Hy doen al die afgelope twaalf jaar gemeenskapsprojekte en maak altyd sy familie, vriende en followers op sosiale media deel van die inisiatiewe.

Curt en ’n groep vriende samel deesdae sanitêre produkte vir hawelose vroue en meisies in. Hulle het hierdie inisiatief spesiaal vir Vrouemaand begin, maar afhangend van die verskil wat hulle maak, sal hulle dit beslis weer doen.

“’n Mens sien oral behoefte raak, maar omdat ek elke oggend op pad werk toe verby so baie hawelose vroue en meisies ry, het ek besluit die fokus moet op hulle wees. Dit is net die begin en hopelik kan ons meer vir hierdie mense doen,” verduidelik Curt.

Sy hart gaan na veral hierdie vroue wat nie eens kan was nie, wat nog te sê van sanitêre produkte elke maand bekostig. “Dit kos nie baie nie, maar beteken die wêreld vir hulle,” meen hy. Curt probeer deur sy projekte wys elke bietjie help en hoe maklik dit is om ’n verskil te maak.

Meer oor:  Kuier  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.