Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Ernusta is op Seer se Spoor
11 Julie 2018
op seer se spoor

Kuier is baie opgewonde oor ’n splinternuwe misdaadreeks, Op Seer se Spoor, wat ons in samewerking met Son doen en eersdaags op kykNET&kie begin. Op Seer se Spoor volg die reis van Kuier se artikel-redakteur, Ernusta Maralack, ’n vrou wat in haar loopbaan as joernalis al baie gesien het. Tydens dié reeks gaan sy terug na die tonele van die wreedste moorde in die Wes-Kaap, na stories wat sy soms self gedek het.

Sy sal onder meer onderhoude voer met familielede van die slagoffers en in sommige gevalle ook met familielede van die oortreders in ’n soektog na antwoorde en begrip van hoekom hierdie misdade gebeur het en hoe dit gemeenskappe affekteer het.

“As iemand wat as kind self fisiek geboelie is en wat geweld in ander vorme voor my sien plaasvind het, kon ek nooit verstaan hoekom iemand ’n ander persoon wíl seermaak nie. Wat nog te sê van doodmaak. Maar in my loopbaan het ek al die wreedste moordstories gedek en wat altyd by my bly spook, is hoe verpletter die slagoffers se families is, selfs jare ná die moord. Niks kan hul pyn wegvat nie, maar nou leef hulle ook met die gedagtes van op watter wrede manier hul geliefde van hulle af weggevat is. En dis iets wat ek wil hê geen familie ooit moet beleef nie,” vertel Ernusta.

Sy meen “die onus rus op ons as ’n gemeenskap om sáám iets hieraan te probeer doen”, veral omdat baie van die moorde gepleeg word deur mense bekend aan die slagoffer. In die eerste saak, wat vir Ernusta baie na aan die hart lê, keer sy terug na Bonnievale, haar tuisdorp, en ondersoek sy Kathy Alexander (toe 20) se moord. Kathy was op 22 April 2006 vermoor. Brian Fluks (toe 32), ’n familielid van Kathy, is weens haar moord in hegtenis geneem. Hy het skuld beken op Kathy se moord. As gemeenskapsjoernalis vir die Breederivier Gazette daardie tyd was dit Ernusta se eerste storie van ’n grumoord – en dit boonop van iemand met wie sy op ’n stadium ’n huis gedeel het.

Op Seer se Spoor begin op 15 Januarie om 20:30 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145. Dié reeks van 13 episodes word deur Gambit Films vervaardig wat ook verantwoordelik is vir die Safta-wenner en internasionaal-bekroonde fliek Nommer37

https://www.facebook.com/kuierinstyl/videos/524492571387968/
Meer oor:  Moord  |  Op Seer Se Spoor  |  Kuier  |  Kindermoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.