Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Feite en geite van die jaar 2020
8 Januarie 2020

Die meeste van ons lewe net  so lank om een keer ’n jaartal  te beleef wat lyk soos 2020!  Leer hier meer oor interessante feite en geite oor vanjaar.  

Skrikkeljaar

Die nuwe dekade begin met ’n skrikkeljaar. Dit beteken Februarie het 29 dae in plaas van 28.

Skrikkeljare is nodig sodat ons moderne Gregoriaanse kalender kan byhou met die wenteling van aarde om die son. Die aarde vat omtrent 365 dae, 5 ure, 48 minute en 45 sekondes om rondom die son te wentel, maar ons kalender het net 365 dae. Elke vierde jaar word die ekstra tyd bymekaargetel en ’n dag word by die jaar gevoeg.

In Anthony (’n stad oor die grens van Texas en New Mexico) in Amerika hou die mense ’n fees oor vier dae om die skrikkeljaar te vier en ook ’n groot verjaardagpartytjie vir al die skrikkeljaarbabas.

Nuwe jaar

Oor die wêreld word 38 verskillende plaaslike tye gebruik. Dit vat 26 ure vir almal oor die wêreld om Nuwejaar te vier.

Samoa en Christmas Island/Kiribati hou heel eerste Nuwejaar. Die mense in Baker Island vier dit heel laaste. Die Chinese hou nie met die res van die wêreld Nuwejaar nie. Hulle s’n begin op 25 Januarie vanjaar en is nie altyd elke jaar op dieselfde dag nie.

Tydsones

Alle tydsones word gemeet vanaf die beginpunt, Greenwich Meridian, by Engeland se Greenwich Observatorium.

Tyd by dié punt staan bekend as Greenwich Mean Time (GMT). Die wêreld is verdeel in 24 dele van 15 grade elk en die tydverskil van elkeen is een uur.

2020 in Romeinse syfers is
MMXX.
OLIMPIESE SPELE

Vanjaar se Olimpiese Spele word in Tokio, Japan gehou.

Dit is vanaf 24 Julie tot 9 Augustus.

Na verwagting gaan meer as 11 000 atlete deelneem.

Jaar van die Rot

Volgens die Chinese kalender is dit die jaar van die Rot. Die Rot is die eerste in die 12- jaarsiklus van die Chinese zodiac-tekens.

As jy in dié jaar (byvoorbeeld 1972, 1984, 1996, 2008) gebore is, is jy glo positief, hardwerkend, toegewyd en spaarsamig.

KLEUR VAN DIE JAAR
Volgens die Pantone Color Institute is 19-4052 klassieke blou die kleur van die jaar. Dié instituut sê die kleur is terselfdertyd vertroostend en mense kan daarby aanklank vind.

’n Eeu gelede . . .

• Twee Suid-Afrikaanse vlieëniers voltooi die eerste vlug van Brittanje na Suid-Afrika. Dit het 4 dae 13 ure en 30 minute gevat.

• Só lyk jou klerekas in 1920: woltruie, pelsjasse, fedoras, pumps met strikkies, plat sy-crepe-rokkies.

• Flieks en reekse soos The Great Gatsby, Peaky Blinders en Downton Abbey speel af in die 1920’s.

20

• Om 20/20-sig te hê, beteken jy kan perfek sien.

• 20 stel sensitiwiteit, sterkheid en bewustheid voor.

• Dis die hoeveelheid vrae in die speletjie Twenty Questions.

• Twenty20 is ’n vorm van beperkte boulbeurtkrieket waar elke span maksimum 20 boulbeurte het.

* Bronne: www.nbcnews.com/news/world/tokyo-2020-summer-olympics-everything-you-need-know-n849301;

www.topchinatravel.com/china-guide/chinese-zodiac-rat.htm;

www.timeanddate.com/date/leapyear.html;

https://www.timeanddate.com/counters/firstnewyear.html;

https://science.howstuffworks.com/science-vs-myth/everyday-myths/time3.htm;

www.biblestudy.org/bibleref/meaning-of-numbers-in-bible/20.html;

https://www.spiritualunite.com/articles/number-20-meaning/;

https://en.wikipedia.org/wiki/20_(number);

www.southafrica.to/history/history.html;

https://vintagedancer.com/1920s;

https://time.com/5744039/pantone-color-of-the-year-2020

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.