Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Gesondheid
06 Februarie 2019

Vir sterk naels, voeg ’n gesnyde knoffeltoontjie in clear nail polish en wend gereeld aan jou naels. Aulbany Dyers, Elsiesrivier

Vir eelte en liddorings, knip ’n gaatjie in jou pleister. Plak dit oor die aangetaste deel. Smeer wit Colgate-tandepasta dik aan in die gaatjie. Plak toe met ’n pleister. Los aan vir drie dae. Herhaal totdat dit genees het. Dit werk fantasties! Heila van Romburgh, Kuilsrivier

Vir enige seertjies, seer tepels of brandboudjies by babas, smeer borsmelk aan en laat dit droog word. Herhaal dit drie keer per dag. Belinda Damons, Pacaltsdorp

Vir swart merke in die gesig: Neem ’n aartappel en maak dit fyn in ’n blender. Meng een eetlepel fyngemaakte aartappel en een eetlepel lemoensap. Smeer die mengsel aan jou gesig. Los dit aan vir 10 tot 12 minute. Amy Petterson, Ocean View

As jy sukkel met slym op jou bors, sny ’n ui en sit dit slaaptyd naby jou kop. Jy sal die volgende oggend baie beter voel. Reginald Saptoe, Port Elizabeth

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.