Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Gevulde eiers
16 Mei 2018

Lewer 24 halwe gevulde eiers

BESTANDDELE

  • 12 eiers
  • ½ koppie mayonnaise
  • ’n Knippie sout
  • 1 teelepel paprika
  • 2 eetlepels grasuie (chives), gekap
  • 1 eetlepel matige kerriepoeier
  • ’n Paar takkies dille vir garnering

METODE

Plaas die eiers in ’n potjie en bedek met koue water en bring tot kookpunt.

Kook altesaam vir 9 minute. Verkoel in koue water, dop af en halveer.

Haal die eiergele versigtig uit sonder om die witte te breek.

Plaas die eiergele, sout en mayonnaise in ’n voedselverwerker en pols tot glad. ’n Vurk of aartappeldrukker werk ewe goed.

Verdeel die eiermengsel in 2 bakkies.

Meng die paprika en grasuie by die een helfte en kerriepoeier by die ander helfte.

Skep onderskeie vulsels in spuitsakke en vul die holtes van die eierwitte daarmee.

Garneer die kerrievulsel met dille en die paprikavulsel met ekstra paprika en gekapte grasuie.

Bedien dadelik.


Dié artikel verskyn in die 16 Mei 2017-uitgawe van Kuier-tydskrif.


Meer oor:  Teetyd  |  Kuier  |  Resepte  |  Eiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.