Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Haal uit & wys! Die Kuier-span wys hoe
4 September 2019
â

Red velvet-koek

Genoeg vir 10

â

Koek

  • 1 koppie olie
  • 3 groot eiers
  • 1 koppie karringmelk (buttermilk)
  • 1 eetlepel vanilla-ekstrak of essence
  • 1 teelepel asyn
  • 4 druppels rooi jelvoedselkleursel
  • 1 teelepel kitskoffie
  • 1 eetlepel kakao
  • ½ koppie warm water
  • 1½ koppies strooisuiker (castor sugar)
  • 2 koppies meel
  • 2 eetlepels bakpoeier

Roomkaasversiersel

  • 2 x 230 g-houers roomkaas
  • 50 g sagte botter
  • 1 koppie versiersuiker (icing sugar)

Buttercream

  • 400 g botter
  • 8 koppies versiersuiker (icing sugar)
  • 10 eetlepels melk

METODE

Koek: Klits die olie en eiers, die een ná die ander, goed. Voeg die karringmelk, ekstrak, asyn en voedselkleursel by en meng. Meng die koffie en kakao met die warm water en roer dit by die mengsel. Sif die droë bestanddele, voeg by en roer. Smeer drie 20 cm-koekpanne. Bak die koeke vir 25 – 30 minute teen 175 °C.

Versiersel: Klits die botter tot glad, voeg die roomkaas en suiker by en klop tot dik. Smeer regoor en tussen die lae afgekoelde koek.

Buttercream: Klits die botter tot glad en voeg die suiker en melk by. Kleur die buttercream met kleursel van jou keuse. Versier die koek met die buttercream, en as jy wil ook met eetbare kristalle en vars blomme. 

â

Geroosterde lamskenkels

Genoeg vir 8

Bestanddele

  • 4 groot lamskenkels
  • ’n Ruim skeut olyfolie
  • 1 – 2 eetlepels sout
  • 1 eetlepel growwe swartpeper
  • Sap van 1 suurlemoen
  • 1 heel knoffelbol, gehalveer
  • ’n Paar takkies roosmaryn
  • ’n Paar takkies tiemie
  • 6 – 8 uitjies, gehalveer
  • 3 eetlepels gesoute botter
  • 3 eetlepels pietersielie, gekap

METODE

Plaas die lamskenkels in ’n oondskottel. Smeer dit met olyfolie en geur met sout, peper en suurlemoensap. Pak die uitgedrukte suurlemoene, knoffelbol, roosmaryn en tiemie saam in die oondskottel. Bedek met foelie en bak by 180 °C vir 1 – 1 ½ ure.

Pak die uie by die vleis. Rooster onbedek vir ’n uur tot

â
Geroosterde pork belly

Genoeg vir 10 – 12

Bestanddele

  • 1 heel pork belly (varklies), ontbeen
  • Genoeg olyfolie om die vark goed te masseer
  • 2 – 3 eetlepels sout
  • Varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 eetlepel gerookte paprika
  • 200 g strepiespek
  • 1 bol vinkel (fennel), gesny
  • Ekstra sout en olyfolie soos nodig vir die buitekant van die rol

METODE

Sny kepe van 1 cm wyd op die velkant van die varklies. Draai die vleis om en geur met olyfolie, sout, peper en paprika. Pak die spek oor die vleis, gevolg deur die vinkel. Rol die varklies op en bind styf vas met tou.

Plaas die rol met naat na onder in ’n gesmeerde oondskottel. Smeer die vel ook goed met olyfolie en vryf die vel goed in met sout. Bak die rol vir 5 ure by 180 °C. Loer elke uur om seker te maak die rol brand of skroei nie. Laat rus vir 15 minute en sny in skywe. Bedien met geroosterde groente.

â
Hoender in sitrussous

Genoeg vir 8

Bestanddele

  • 1 koppie lemoensap
  • 1 koppie kookwater
  • 1 hoenderaftrekselblokkie
  • ¼ koppie sojasous
  • 1 duimgrootte-stuk gemmer, in skyfies gesny
  • 2 heel knoffeltoontjies
  • 4 eetlepels heuning (of gouestroop)
  • 8 hoender-agterkwarte

METODE

Plaas die lemoensap, kookwater, aftreksel, sojasous, gemmer, knoffel en heuning in ’n pot. Bring die sous tot kookpunt. Plaas die hoender in die sous, verlaag die hitte en prut vir 15 minute.

Skep die hoender uit en plaas dit op ’n gesmeerde oondplaat. Rooster by 180 °C vir 25 – 30 minute. Kook intussen die sous op hoë hitte tot dik en stroperig.

Smeer die sous met ’n kwassie oor die hoender en rooster vir nog 5 – 10 minute totdat die vel bruin en bros is. Bedien met geroosterde pak choi of Chinese kool.

â
Aarbei-yskastert

Genoeg vir 8 – 10

Bestanddele

  • 1 pakkie aarbeijellie
  • 200 ml kookwater
  • 200 ml koue water
  • 2 x 250 g aarbeie
  • 3 teelepels gelatien
  • 3 eetlepels koue water
  • 1 koppie ongegeurde volroomjogurt
  • ½ koppie strooisuiker (castor sugar)
  • 2 koppies room, styfgeklits
  • Ekstra room, aarbeie en mint vir garnering

â
METODE

Los die jellie in 200 ml kookwater op in ’n bak. Roer heeltyd. Voeg dan 200 ml koue water by. Blits een pakkie van die aarbeie in ’n versapper tot glad.

Spuit ’n jellievorm met kleefvrye sproei of spoel uit met ½ koppie kookwater waarby 1 teelepel olie gevoeg is. Pak die helfte van die aarbeie in die vorm en voeg die jellie daarby. Verkoel tot gestol. Plaas die gelatien en 3 eetlepels water in ’n klein bakkie. Laat staan totdat die gelatien uitgedy is. Klits die jogurt en strooisuiker saam.

Voeg die aarbeipulp en gelatien daarby en roer deur. Vou die room by die mengsel in en skep die mengsel bo-oor die gestolde jellie. Verkoel vir ten minste 3 ure of oornag.

Keer versigtig uit op ’n opdienbord en garneer met nog vars aarbeie en mintblaartjies.

â
Perske-en-bloubessietrifle

Bestanddele

  • 2 – 3 koppies klaarbereide vla (custard)
  • 1 ronde sponskoek, in 2 lae gesny
  • ½ koppie sjerrie
  • 1 groot blik perskeskywe, gedreineer
  • 300 g bloubessies
  • 2 koppies room, styfgeklits
  • Mintblaartjies vir versiering

METODE

Giet ’n laag vla in die onderkant van ’n deursigtige glasbak. Plaas die een laag van die sponskoek daarop, sprinkel ’n bietjie sjerrie oor, pak ’n laag perskes en bloubessies en rond af met ’n laag van die room. Herhaal die lae en eindig met ’n lekker dik laag room. Versier met ekstra vrugte en mint. Laat rus in die yskas vir ten minste twee ure voor opdiening.

â
Sjokolade-modderkoek

Genoeg vir 10

Bestanddele

Koek

  • ½ koppie kakao
  • 160 g donkersjokolade, gekap
  • 1 teelepel espresso-kitskoffie
  • ¾ koppie warm water
  • 1 koppie karringmelk (buttermilk)
  • 1¾ koppies meel
  • 1½ teelepels bakpoeier 
  • 1 teelepel koeksoda (bicarbonate of soda)
  • ’n Knippie sout
  • 1¾ koppies strooisuiker (castor sugar) 
  • 160 g sagte botter
  • 1 teelepel vanilla-ekstrak of essence
  • 5 eiers
â
â

Buttercream

  • 400 g botter
  • 7½ koppies versiersuiker (icing sugar)
  • ½ koppie kakao
  • 10 eetlepels melk

Sjokolade glaze

  • 200 g vars room
  • 200 g sjokolade, gekap

METODE

Koek: Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die kakao, sjokolade en koffie met die warm water. Roer totdat die sjokolade gesmelt is en laat dit afkoel. Klits by die karringmelk. Sif die droë bestanddele in ’n aparte bak. In ’n ander bak, klits die suiker, botter en vanilla ekstrak vir omtrent drie minute. Voeg die eiers een op ’n slag by en meng goed ná elkeen. Voeg die meel- en sjokolade-mengsel om die beurt by.

Giet die mengsel in 3 gesmeerde koekpanne van 20 cm en bak vir 30 – 35 minute in die voorverhitte oond.  

Buttercream: Klits die botter tot glad en voeg die suiker, kakao en melk by. Smeer tussen die lae en regoor die afgekoelde koek.

Glaze: Verhit die room in ’n kastrol en giet dit oor die sjokolade. Roer totdat die sjokolade heeltemal gesmelt het. Laat dit afkoel en versier die koek daarmee en as jy wil ook met eetbare glitter, sjokolade en macarons.

â
Tiramisu-potjies

Genoeg vir 10

Bestanddele 

Vla

  • 2 eiergele
  • 2 eetlepels strooisuiker (castor sugar)
  • 1 x 225 g-houer roomkaas teen kamertemperatuur
  • 1 eetlepel brandewyn
  • 1 koppie room, styfgeklits
  • 2 eetlepels strooisuiker

Samestelling

  • 2 eetlepels espresso of baie sterk koffie
  • 1 koppie kookwater
  • 2 eetlepels versiersuiker (icing sugar)
  • ¼ koppie brandewyn
  • 1 pak vingerkoekies
  • Kakao vir versiering

METODE

Vla: Plaas ’n hittebestande bak oor ’n pot met warm water (nie gekook nie).

Voeg die eiergele en twee eetlepels strooisuiker by die bak. Klits met draadklitser totdat die suiker opgelos en die eiers lig en gaar is. Verwyder die pot en laat die mengsel ’n bietjie afkoel.

Voeg die roomkaas en brandewyn by en klits tot glad. In ’n skoon bak, klits die room en ander twee eetlepels strooisuiker tot sagte punte begin vorm.

Vou die room met ’n groot lepel by die ander mengsel in.

Samestelling: Maak die koffie en meng die versiersuiker en brandewyn daarby. Koel heeltemal af. Neem 10 flessies of vlak glase. Breek elke beskuitjie in die helfte, doop dit in die koffie en pak twee stukkies in elke glas.

Skep ’n lepel of twee van die roommengsel bo-oor. Sif kakao liggies bo-oor. Herhaal die proses twee keer in elke glas.

Verkoel vir 2 – 3 ure of oornag voor opdiening.

â
Granaat-martini

Genoeg vir 6 – 8

Bestanddele

  • 1 koppie vodka
  • 1 koppie appellikeur
  • 1 liter granaatsap
  • ½ koppie granaatpitte
  • 2 koppies ys

METODE

Plaas die vodka, likeur en ys saam in ’n metaalbeker en roer die alkohol tot yskoud. Voeg die sap by en roer deur. Skep ’n teelepel granaatpitte in elke skemerkelkieglas en vul op met die mengeldrankie en van die ys in die beker. Jy kan die alkohol na smaak verminder, vermeerder of heeltemal weglaat. 

â
â

MODE

Raylentia: Rok, R899, Queenspark.

Chrislynn: Rok, R1 099, Truworths.

Lavern: Rok, R895, Princess Lola Boutique.

Jaydey: Brons sparkle-rok, R999, Kameo Designs, YDE.

Tarren-Lee: Top, R480, Truworths; romp, R1 299, Kameo Designs, YDE.

Curt: Hemp, R425 en jeans, R550, Old Khaki.

Courtney: Bodysuit, R699, Kameo Designs, YDE; romp, R499, Queenspark.

Ryan: Hemp, R425 en jeans, R699, Old Khaki.

Lavern: Rok, R895, Princess Lola Boutique.

Ernusta: Kantrok, R599, Queenspark.

Marteli: Maksirok, R899, Kameo Designs, YDE.

Chrislynn: Rok, R825, Truworths.

BAIE DANKIE AAN

Fotograaf: Dale Fourie

Resepte: Samantha Liedeman

Koeke: Lameez Abrahams, JUSTTBAKED (lameez.abrahams79@gmail.com)

Location: Infinity Studios, Paardeneiland (james@infinityandbeyond.co.za)

Mode & Stilering: Lavern Maarman

Grimering: Renate Mentoor; Eileen Hamer

Modelle: Raylentia Simmons, Jaydey Sass, Tarren-Lee Habelgaarn, Curt Baker, Courtney Cupido, Ryan Carolisen, Lavern Maarman, Ernusta Maralack, Marteli Brewis en Chrislynn Sias. 
Meer oor:  Kos  |  Kuier  |  Kuier10  |  Mode
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.