Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Kinnes kan jou lewe verryk
Kinnes

Dis 'n storie wat kom uit die hart en lesse vir almal inhou.

Met Kinnes kan mense vereenselwig.

Een van die akteurs in die bekroonde toneelstuk is Dean John Smith. Hy vertolk die rol van Derick, ‘n aspirant-digter.

Woorde maak sy kop stil, maar dit betaal nie die bills nie.

Smith sê: “Ek het eers gedink ai jinne nog ‘n gangsterstorie. Maar toe ek lees waaroor dit gaan het ek gesien dit is nie net nog ‘n storie nie. Die toneelstuk kom uit die hand van Chase Rhys, en het verlede jaar die eerste Adam en Rosalie Small-toekenning vir aspirantskrywers gewen. Dit was Rhys se eerste professionele skryfpoging."

Smith noem: “Chase kry dit reg om ‘n balans te skep met die reality en om ‘n great storie te vertel. Dit is iets vir almal en nie net nog ‘n gangsterstorie nie.”Hy vertel sy karakter is maar ‘n stil outjie.“Derick het klomp layers. Dit was ‘n voorreg maar ook challenge om hom te speel. Ek moes stil word en deur Derick se layers werk.”

Kinnes vertel die unieke storie agter elke karakter wat jou op ‘n reis neem. Dit is die realiteit, wat vir baie die norm is, maar waarvan baie wie in ‘n kas is nie bewus is nie.

“Jy leer om nooit op te gee nie, dat daar hoop is en jy moet net glo. Jy leer uit die diepste hartseer kan jy geluk vind en dat dit okay is om okay te wees,” aldus Smith.

Hoekom moet jy dit kyk? Smith sê: “jy het die voorreg om te weet wat in die samelewing aangaan, op ‘n fun manier.”Dit is ‘n slideshow van die lewe, wat jou kan verryk.  

Meer oor:  Kuier  |  Kinnes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.