Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Kry jou nuus op Netwerk24
03 October 2018
Theresa Olivier


Sy het met koerante en tydskrifte in die huis grootgeword. Of dit nou Die Burger, MetroBurger (die destydse gemeenskapskoerant waarvan sy later redakteur sou word) of Engelse koerante en Huisgenoot was. Haar ouers het elke dag ten minste drie koerante gekoop en die MetroBurger is elke Donderdag gratis afgelewer. Die kopie van Huisgenoot is later in haar ouerhuis deur Kuier vervang.

Dit is dan ook uit koerantlees dat sy ’n liefde vir koerante en die drukkersink ontwikkel en later ook joernalistiek gaan studeer het.

Só gesels Theresa Olivier, adjunkredakteur van Netwerk24, Media24 se grootste Afrikaanse webwerf.

Theresa het haar internskap in 1990 by Die Burger-Ekstra begin en is in 1995 permanent by MetroBurger aangestel. In 2000 het sy redakteur van die koerant geword en só haar loopbaan by Media24 in die koerantwese geslyp – van joernalis tot uitgewer voor sy in 2016 in die digitale landskap van Netwerk24 ingestap het.

“Ontwetend van wat op my sou wag, maar tog wetend dat ek een of ander tyd die skuif van die koerantwese tot die digitale wêreld sou moes maak. Ek wou nie agterbly nie.”

Tog was die skuif vir Theresa nie maklik nie, veral as ’n mens vir meer as twintig jaar net koerant gedink en geleef het.

“Dit was maar ’n gesukkel om gewoond te raak aan koerant op die internet lees, want ’n mens moes tog die papier tussen jou vingers voel, tog het dit later makliker geword. Vandag is digitaal tweede natuur. Dit is die Netwerk24-app waarop ek soggens eerste druk. Ek wil kyk wat in die wêreld aangaan en weet dat Netwerk24 die beste plek is om te gaan kyk. Hier kry ek nie net vars, brekende nuus oor wat in Suid-Afrika en die wêreld gebeur nie, maar ek het ek ook toegang tot 11 tydskrifte, waaronder Kuier en dertig gemeenskapskoerante van regoor die land. Ek kry ook elke dag toegang tot Die Burger, Beeld en Volksblad en Sondae die Rapport.

“Ek lees steeds koerante en tydskrifte, nou net aanlyn. Ek voel nou wel nie meer die papier tussen my vingers nie, maar ek weet ek het kwaliteitjoernalistiek daagliks tot beskikking. Anders as die afgelope twintig jaar, hoef ek nou nie tot die volgende dag vir die nuus te wag nie. Dit is vars en dag en nag op my selfoon.”

ALLES OP EEN PLEK

“Vir iemand soos ek wat ook vir ’n geruime tyd op die platteland gebly het, is dit ook lekker om my gunstelingstreekkoerante op Netwerk24 te lees. Ek klik eenvoudig net op die tuiskoerant van my keuse se skakel en al die week se nuus is daar. As ek wil weet wat in Worcester en omstreke aangaan, klik ek op Worcester Standard en daar kry ek alles wat ek wil weet, dieselfde met TygerBurger of DistriksPos. Of ek nou van Touwsrivier se Oompie wil lees of van wat Hermanus Staan Saam doen, al die inligting is net een klik ver. Met die onlangse ontploffing in Macassar kon ek ook die plaaslike koerant se nuus só volg. Vinnig en op die man af.”

Jy kan die koerante en tydskrifte se inhoud in webformaat lees (dieselfde woorde en foto’s as op papier, net met ’n ander uitleg om dit makliker te maak om op jou rekenaar, tablet of selfoon te lees). Of jy kan dit as e-publikasies lees wat nes die papierweergawe lyk – jy “blaai” net op jou skerm, pleks van op papier.

Al wat jy moet doen, is om te registreer vir ’n gratis proeftydperk van 30 dae of in te teken teen R99 per maand (jou eerste maand sal steeds gratis wees). Só kry jy al die beste Afrikaanse koerante en tydskrifte op Netwerk24 (alles op een plek), beskikbaar.

“Ek moes doodeenvoudig net die Netwerk24-app op my selfoon aflaai. Lesers kan dieselfde doen. Die app-weergawe is veral lekker om te lees.”

Vir net R99 kry jy beslis waarde vir jou geld. Jy kry heeldag, sewe dae per week brekende nuus, politieke kommentaar en ontledings, sport, vermaak, sakenuus en raad oor jou geldsake op Netwerk24.

In ’n neutedop: Die beste nuus vir enige smaak en enige geleentheid. Of jy nou van kos en wyn, DIY, tuinmaak, vermaak of hardenuus hou, alles is op Netwerk24 beskikbaar.

Kom kyk! www.netwerk24.com

Meer oor:  Die Burger  |  Metro-Burger  |  Theresa Olivier  |  Kuier  |  Netwerk24
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.