Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Kuier-boodskappe
06 Maart 2019

Ek is van Johannesburg. Ek het ’n paar jaar gelede Kuier begin koop. Jul stories is regtig worth telling. Ek sit nou met so baie uitgawes wat ek nog moet lees. Ek begin lees, maar dan is my hart so geroer dat ek skoon hartseer word. Dan vat ek lank voor ek weer kan begin lees. Maar ek belowe dat ek alles gaan klaar lees voor die jaar sy oë toemaak. Ek sit nou met 9 Januarie se uitgawe op my skoot en daar is weer trane in my oë. Ek is nou eers verby Geruk deur geweld, maar ek gaan my hart sterk maak, want daar is nog meer hartroering wat op my wag. Elizabeth Adams, Eldorado Park

Dis nie lekker om so ’n siekte (Trane en baie bloed, 6 Februarie) te hê nie, yoh! Ek kry hulle jammer, veral die ma en dan die kids wat dit geërf het. Ek is so jammer Hayley Kassen om dit te hoor. Sterkte daar aan die hele familie! B. Stevens

Dit is ’n baie hartseer ware lewensdrama (Stukkend ná brand, 20 Februarie). Om te dink die drie seuns was nog so klein. My trane het begin loop toe ek begin lees het. Ek het die tweeling leer ken by die crèche waar hulle was en ek daar begin werk het. Dis ’n baie sad storie. Ek wil net aan Earl, Melissa en Natasha sê moenie julself verwyt nie. God het ’n plan met alles. En Natasha, bid sonder ophou. Bid! Denzil is ’n klein vegter en ons vertrou op die Here hy gaan gou beter word. Anoniem

Ai, hoe stem ek met Ingrid saam (Mening, 6 Februarie). Daai R. Kelly man maak my al lankal naar en ek bedoel dit letterlik, nie die spreekwoordelike naar nie. Ek baklei ook met my seun oor die lelike lirieke in die musiek waarna hy luister – nie in my huis nie! Spoeg, opgooi, sies! Lana Fortuin, Boksburg

Ek kan relate met hemofilie (Trane en baie bloed, 6 Februarie), want ek kom self uit ’n familie met hierdie siekte. Baie dankie Kuier dat julle die artikel daaroor geplaas het. Anoniem

Meer oor:  Kuier  |  Boodskappe  |  Lesers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.