Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
#KuierCoach: Bou so saam as geldnood druk
11 Julie 2018
Michelle Bloem


Tradisioneel word mans as die hoof van hul huis beskou omdat daar onder meer van hulle verwag word om finansieel vir hul gesin te voorsien. Deesdae word dit egter al hoe moeiliker om ’n gesin op net een persoon se salaris te onderhou. Hoewel vroue in die meeste huwelike ’n tweede salaris huis toe bring, plaas die swak ekonomiese toestand van ons land baie druk op die meeste mans, al word hulle steeds meestal meer as vroue betaal.

In huwelike waar die vrou meer geld as haar man verdien, kan dit ook spanning veroorsaak omdat dit ’n man minderwaardig kan laat voel. Hy kan dalk minderwaardig voel omdat hy bewus is van die samelewing wat van hom verwag om goed vir sy gesin te sorg.

Wanneer paartjies finansieel sukkel, is dit normaal om angstig en af te voel. Finansiële probleme kan jou emosioneel aftakel en selfs jou geestesgesondheid benadeel en kan lei tot ’n swak selfbeeld. Mans meet hoofsaaklik hul selfwaarde aan hoe suksesvol hulle in hul werk is, terwyl vroue gewoonlik hul selfwaarde koppel aan hul ma-wees en rol as versorger van hul gesin, al het hulle ook ’n werk wat bydra tot die gesin se finansies.

Daar is praktiese oplossings vir ’n man en vrou wat kan help as julle in finansiële nood is.

Wanneer paartjies finansieel sukkel, is dit normaal om angstig en af te voel.

Volg dié riglyne:

  • Kyk realisties na jul begroting. Waar kan julle sny? Sit saam as ’n gesin en verdui-delik aan almal hoekom sekere voorregte en luukshede tydelik ingeperk gaan word. Beskou die finansiële verknor­sing as ’n probleem wat getakel en opge­los moet word en nie iets wat vermy moet word nie.
  • Hou jou CV op datum en hou gereeld advertensies en webwerwe wat werk adverteer dop vir beter geleenthede.
  • ’n Man moet openlik wees met sy vrou oor sy ge­voelens. Vertel haar ook hoe sy jou kan ondersteun.
  • Bly weg van dwelms (alkohol ook). Dis net tydelike ontsnapping van die werklik­heid waarin jy is. Dit maak jou meer de­pressief en vreet jou geld en bied geen voordele nie.
  • Kry gratis hulp as jy skuld het wat jou onderkry, daar is talle instansies wat jou hiermee kan help. Sny jou krediet­kaart op en koop net waarvoor jy geld het.
  • Jou vrou moet ook altyd jou beeld hoog hou voor jou kinders. ’n Ma moet haar kinders leer om hul pa te respekteer vir die mens wat hy is en nie vir die salaris wat hy huis toe bring nie. Natuurlik is dit dan jou as man se verantwoordelikheid om getrou te wees aan hierdie beeld wat jou kinders se ma vir hul voorhou. Leef volgens goeie waardes wat integriteit in jouself en jou gesin bevorder en vir jou selftrots inboesem.
  • Herinner jouself gereeld daaraan dat jou waarde nie gemeet word aan die geld wat jy verdien nie. Jy is nie ’n OTM nie. Spandeer tyd saam met jou kinders en doen lekker dinge saam met hulle. Julle kan ’n sport speel, saam gaan stap, kry ’n stokperdjie wat julle almal van hou of julle kan vir mekaar stories lees. Maak herinneringe saam wat van onskatbare waarde is. Ervarings is altyd meer werd as besittings.
  • Wanneer werk skaars is, kan ’n mens nie altyd kies wat jy wil doen nie, maar om altyd af te voel en om die meeste van jou dag in ’n werk te wees waarin jy onge­lukkig is, is ook nie goed vir jou emosi­onele en geestesgesondheid nie. Besin oor wat dit is wat jy regtig wil doen en wat jou unieke talente en gawes is waarmee jy kan geldmaak.
  • Stel vir jouself ’n doelwit oor wanneer jy realisties sal kan begin doen wat jy regtig wil. Leer verder in die rigting waarin jy belangstel. Daar is talle goedkoop aanlyn­kursusse wat jy kan volg. Ek glo as ’n mens ’n werk doen waaroor jy passievol is, vloei die geld ook makliker.
  • Dink oor hoe jy jou stokperdjie of be­lang­stelling in ’n winsgewende tweede inkom­ste kan omskep. Die neiging is deesdae om meer handgemaakte pro­dukte te koop as fabriekvervaardigde items. Mense is bereid om meer vir ’n unieke produk te betaal wat met sorg gemaak is. Miskien hou jy van sing en musiek maak en kan dalk oor naweke by geleenthede soos troues optree.
  • Almal het ’n vaardigheid of talent wat hulle kan bemark. Onthou, die slegte tye sal nie vir ewig hou nie.
Meer oor:  Kuiercoach  |  Kuier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.