Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Kuiercoach: Geestesgesondheid tydens lockdown
25 Junie 2020
Michelle Bloem

Die hele land is tans in lockdown en moet social distancing beoefen weens die corona-virus. Dit is egter nog erger wanneer ’n familielid in afsondering moet wees, omdat hulle vermoedelik Covid-19 het of reeds siek is, en ander kan aansteek.

Die mens is ’n sosiale wese en baie mense floreer daarop om sosiaal te wees. Dis daarom baie moeilik en voel abnormaal vir hulle om van geliefdes afgesonder te wees. Indien dit nodig is vir ’n siek gesinslid om vir ’n tyd lank in afsondering te leef, is dit normaal dat hulle sowel as die res van die familie ongewone emosies ervaar gedurende en selfs ná die kwarantyn as gevolg van die sielkundige impak van die situasie.

Mense in dié situasie ervaar oor die algemeen vrees, hartseer, afgestomptheid, slapeloosheid, verwarring, kwaadheid, stres, emosionele versteurings en irritasie; hulle toon simptome van post-traumatiese stres en depressie; en hulle voel gedurig ”af” en is emosioneel uitgeput.

Hoewel hierdie gevoelens kan voorkom, is daar stappe wat julle as gesin kan neem om almal se geestesgesondheid te bewaar. Onthou almal hanteer stres anders, afhangend van hul persoonlike weerbaarheid en algemene geestesgesondheid. Introverte hanteer gewoonlik ook afsondering beter as ekstroverte.

Stappe om van die negatiewe geestesgesondheidsgevolge af te weer, is:

1. Skep roetine: Wanneer daar struktuur in jou dag is, gaan die ure gouer verby en kan almal werk gedoen kry. Skep ook spesifieke tye wanneer almal, een op ’n slag, met die siek persoon deur die kamerdeur kan gesels vir ’n spesifieke tyd. Só sal daardie persoon ook kan uitsien na ’n breek in hul dag met hierdie gereelde “besoektyd- ure”. Laat ook die siek persoon weet wanneer etenstye is en hou by gereelde tye. As dinge op vasgestelde tye gebeur, skep dit ’n gevoel van sekerheid in onseker tye.

2. Wees so aktief moontlik: Oefening laat die liggaam goedvoelhormone afskei wat depressie en ander negatiewe gevoelens bestry. Google gratis video’s of gebruik fiksheid-apps vir idees. Speel vrolike musiek en dans saam as gesin. Dit is pret en sal die siek persoon wat dit kan hoor ook opbeur. Kry ’n metertjie wat kan wys hoeveel treë jy in ’n dag neem en hou ’n “kompetisie” om te sien wie kan die meeste in en om die huis stap.

3. Verklaar oorlog teen verveeldheid en frustrasie: Laat die kinders help met huistake en laat almal hulself by tye besig hou met nuwe stokperdjies en projekte. Wanneer take suksesvol voltooi is, gee dit mense ’n gevoel dat hulle ’n doel het om na toe te werk en iets het om na uit te sien elke dag. Sorg dat daar leesstof is vir die siek persoon as hulle goed genoeg voel om te lees. Sorg dat hul radio of TV op hul gunstelingstasies gestel is. Wanneer jy ’n doel het om voor elke dag op te staan, is die kanse ook minder dat jy in die strik van dwelm-, dobbel- of alkoholverslawing, ensovoorts kan trap, wat jou nog meer in ’n afwaartse spiral van negatiewe gevoelens insuig.

4. Kommunikeer: Om met ander mense te kommunikeer oor die foon is belangrik om die gevoel van isolasie af te weer. Reik uit na ander op sosiale media en sluit aan by ondersteuningsgroepe wat spesifiek daar is vir mense in kwarantyn. Wanneer ons met ander praat wat in dieselfde bootjie is, verskaf dit ’n gevoel van samesyn en bemagtiging.

5. Hou ’n balans met inligting: Mense voel meer in beheer as hulle genoeg inligting het. Gedurige fokus op negatiewe inligting kan egter negatiewe emosionele gevolge hê. Kry inligting by betroubare bronne soos van die WGO, plaaslike gesondheidsdepartemente, hoofstroom-nuusagentskappe en jou geneeskundige.

6. Onthou die rede vir kwarantyn: Onthou dat social distancing ’n belangrike doel het. Dit keer die verspreiding van corona en help met die vertraging daarvan sodat die hospitale hanteerbare hoeveelhede mense op ’n slag die nodige en voldoende behandeling kan gee.

7. Kry hulp vir geestesgesondheid sonder om die huis te verlaat: Die groot voordeel wat ons in die digitale era het, is dat ons hulp en raad kan kry sonder om die huis te verlaat. Daar is talle hulplyne wat gebel kan word – sommige selfs gratis. Kundiges soos life coaches en sielkundiges en ander gesondheidswerkers gee ook aanlyn video-oproepsessies vir kliënte wat kan help.

Meer oor:  Kuiercoach  |  Kuier  |  Raad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.