Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Kuiercoach: Help jou kind deur die eksamen
16 Oktober 2019

Om jou kind die voldoende ondersteuning te gee vir die matriek-eindeksamen begin nie eers in matriek nie. Dis ’n vertrouensverhouding en ondersteuningstelsel wat regdeur die skoolloopbaan opgebou en opgebou moet word.

Dis ’n baie fyn balans tussen genoegsame liefdevolle aanmoediging omdat jy glo hulle moet hul beste lewer en die versekering dat hul beste goed genoeg is. Dis belangrik dat ouers tevrede is wanneer kinders werklik hul persoonlike beste lewer, sodat kinders weet die wêreld gaan nie vou omdat hulle nie aan hoë – soms onrealistiese – verwagtinge van hul ouers voldoen het nie.

Hoewel dit belangrik is om jou kinders regdeur hul skoolloopbaan genoegsaam en gebalanseerd te ondersteun, is dit nooit te laat om aan daai vertroue te bou nie. Ons moetnie toelaat dat ons stres en onrealistiese verwagtinge onnodige spanning en paniek in kinders veroorsaak nie.

As jou kind nie onder die top10 akademiese studente van die skool is nie, beteken dit nie hulle het nie hul beste gegee nie. Almal presteer ook byvoorbeeld nie ewe goed in sport, kuns of musiek nie. En ons presteer beslis ook nie almal ewe goed in akademie nie.

Elke ouer leer ken deur die jare hul kind se akademiese vermoëns en ons kan en moet alles in ons vermoë doen om ons kinders te ondersteun om hul persoonlike beste te lewer. Ken jou kind se sterkpunte. Weet ook wat om van hulle te verwag en waar hulle ekstra hulp of klasse nodig het.

Glo in hulle. Laat jou dade en woorde in lyn wees met mekaar.

Die eindeksamen is om die draai en dis moeilik om te bepaal wie is meer paniekbevange – ouers, kinders of onderwysers?

Haal diep asem. Onderwysers, glo en vertrou dat jy die leerder na die beste van jou vermoë voorberei het. Ouers, ondersteuning is nou belangriker as verwyte en snyende woorde. Kinders, as jy so naby die wenpaal is, moenie nou spoed verloor nie; sit alles en meer in.

Jou beste is goed genoeg, jy kan nie beter as jou beste en jy behoort nie minder as jou beste te gee nie.

Dis ewe belangrik om te bou aan jou kind se selfvertroue en karakter

Wenke aan leerders:

• Gaan deur elke dag se werk.

• Beplan jou tyd.

• Wanneer jy studeer, lees eers deur, dan weer met insig, skryf dan neer wat jy onthou. Verduidelik dit dan aan iemand of hardop vir jouself.

• Fokus op sleutelwoorde en bou rympies of sinne rondom sleutelwoorde.

• Eet ’n stukkie sjokalade met hoë kakao- persentasie om die brein te stimuleer.

• Studeer 30 – 50 minute aaneen met breuke van 10 minute tussenin waartydens jy kan strek om bloed te sirkuleer en vars lug kan kry.

• Luister na klassieke of instrumental musiek in plaas van musiek met lirieke wat jou aandag gaan aftrek.

• Studies het bewys kougom kan jou help konsentreer op visuele geheuetake en geheuetake help herroep.

• Joga en meditasie is goed om die breinaktiwiteit en die geheue te stimuleer.

Wenke aan ouers:

• Raak bekend met hoe jou kind leer.

• Help hulle om hul studierooster rondom huistakies en gesinstye uit te werk.

• Gun hulle genoegsame rus of slaap.

• Monitor selfoongebruik en sosiale interaksie.

• Skep ’n rustige en skoon omgewing.

• Moenie jou kind met onnodige take bemoei nie.

• Respekteer hul tyd en rooster.

• Laat jou kinders toe om hul werk aan jou te verduidelik.

• Prys hulle wanneer hulle goeie punte behaal.

• Beperk aandag-afleibare faktore.

• Kook gebalanseerde en breinstimulerende kosse.

• Moenie jou kinders met mekaar vergelyk nie.

• Moenie onnodige druk op hulle sit nie.

Maak seker jou kinders weet jy is lief vir hulle en trots op hulle vir wie hulle is en nie vir die punte wat hulle behaal nie. Dis ewe belangrik om te bou aan jou kind se selfvertroue en karakter, want aan die einde van die dag is dít wat ons gaan help om ons lewe effektief te navigeer.

Goeie punte en om top te wees is fantasies, maar dit is nie alles nie so maak seker jou kind weet dít.

Meer oor:  Kuiercoach  |  Kuier  |  Raad  |  Matriekeksamen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.