Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
KUIERCOACH: Spring clean so jou lewe
11 July 2018


Sydene Cloete
Baie van ons is vreeslik behep met ons selfone, met foto’s neem en herinneringe wat ons vir ewig wil hou. Sodra ons selfoon se geheue vol is, begin ons skoonmaak om spasie te maak vir nuwe herinneringe.

Ons gaan noukeurig deur foto’s en video’s en sorteer wat nodig is en delete wat liefs vergete moet bly en nie meer op ons van toepassing is nie.

Maar hoe gebeur dit dan dat ons amper beter na ’n selfoon kyk as na onsself?

Maak jý gereeld kop skoon? Het jy persoonlike grense of laat jy toe dat situasies en mense jou leegtap? Is jy die

powerbank by wie almal inplug? Soveel so dat jy skaars genoeg batterykrag het vir jouself. Onthou, selfs ’n powerbank moet herlaai word om reserwekrag op te bou. Om vir ander mense van jouself te gee, moet jy heel wees en heel bly.

powerbank by wie almal inplug? Soveel so dat jy skaars genoeg batterykrag het vir jouself. Onthou, selfs ’n powerbank moet herlaai word om reserwekrag op te bou. Om vir ander mense van jouself te gee, moet jy heel wees en heel bly.

Om te keer dat jý iets oorkom en jy crash, moet jy na jou eie welstand kyk. Selfsorg is die belangrikste, veral as jy jou hart aan iemand spesiaals wil oopmaak. Vir geestelik gesonde verhoudings moet jy ook gesond wees. Jou innerlike balans en om jouself van tyd tot tyd te herlaai, is daarom van kardinale belang om gesond te bly. En dít kan jy net doen deur gereeld stock te neem van jou lewe.

Dink só daaraan: Verbeel jou jy stop ’n kas (jou hart) vir jare lank vol rommel. Jy ontmoet iemand spesiaal en jy gee die sleutel vir daardie persoon. Dit is onvermydelik dat daai persoon die kas gaan oopsluit waarin jy al jou issues opgegaar het. Jy kan selfs nog verwag dat hy jou moet help om daarmee te deal. Maar hoe regverdig is dit dat hy onder druk moet wees oor ou sake? Dit sal byna onmoontlik wees om nuwe, mooi herinneringe sonder die stank van die ou rommel in die kas te prop. Ons weet moes hoe ruik vullis in ’n blik.

Emotional clutter is stuck energy that's blocking you from moving forward.

Jy moet daarom, om goeie herinneringe te skep, al die ou rommel sorteer sodat daar baie spasie daarvoor is. As jou lewe vol rommel is, vol onopgeloste probleme van jouself en ander, dan kan jy nie optimaal fuksioneer nie.

In die bekroonde skrywer Ena Murray se dagstukke vir vroue, skryf sy oor die muur wat afgewit word en mooi van buite lyk terwyl dit binne verrot en verkrummel. Hoe lank sal ’n verrotte stuktuur met ’n vars laag verf staande bly teen die aanslae van die lewe?

Beskerm jouself teen clutter van mense en dinge wat nie waarde toevoeg tot jou lewe nie en wat jou energie tap. Doen dit só:

  • Stel selfondersoek in en stel duidelike grense vir jouself en ander.
  • Kies noukeurig jou vriende, jou woorde, geselskap en jou omgewing.
  • Stap weg van negatiewe mense en geselskap wat jou nie goed laat voel nie.
  • Moenie ander se probleme vir hulle dra en heeltyd vir hulle probeer oplos nie. Verskaf eerder raad as jy moet en laat die aksie oor aan hulle.
  • Moet jou nie ophou met skinderpraatjies nie.
  • Hê geduld en deernis met jouself en ander mense.
  • Werk op ’n gesonde pas. Alles hoef nie nou en vandag te gebeur nie.
  • Kry struktuur in jou huishouding.
Elkeen van ons moet die tyd vat om onsself uit te sorteer, want met te veel emosionele rommel sal jy ondergaan.

Herstel innerlike balans só:

  • Laat gaan spyt, haat, verwyte, jaloesie en nyd sodat jy kan plek maak vir liefde, aanvaarding, geluk, vrede en oorvloed.
  • Raak ontslae van rommel in en om die huis. Skenk ou klere en skoene.
  • Sorteer ou rekeninge en papierwerk uit.
  • Betaal ou verkeerboetes.
  • Moenie van een verhouding na ’n volgende spring nie.
  • Leer om alleenwees te geniet en jouself te leer ken.
  • Verlaat onnodige WhatsApp-groepe, veral as jy jou daarvoor vererg.
  • Bestuur jou tyd op sosiale media. Te veel tyd op sosiale media is nie goed nie.
  • Moenie onnodige beloftes maak nie en hou by jou woord.
  • Skep stuktuur in jou daaglikse roetine. Met goeie beplanning sal jy nie so angstig wees nie.
  • Vat ’n time-out. Jy het dit nodig en almal verdien dit.
  • Hou ’n joernaal en mediteer.

Balans is belangrik. Vat gereeld stock en raak ontslae van dit wat nie persoonlike groei bevorder nie, hetsy mense, aktiwiteite of slegte gewoontes. 

Sydene Cloete is 'n geregistreerde selfbeeldafrigter en persoonlike stilis op Stellenbosch. Sy is 'n gewilde motiveringspreker en eienaar van Out of the Closet wat op die bemagting van vroue fokus.
Meer oor:  Kuiercoach  |  Kuier  |  Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.