Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Kuiercoach: Verwerk só jou trauma
13 November 2019
Sydney Cloete
Sydene Cloete

Trauma kan meegebring word deur ’n groot skok of oor ’n langer tydperk deur ’n reeks kleiner stresverwante gebeurtenisse wat die liggaam se vermoë om dit te verwerk, onder druk plaas. Ons kan sekondêre trauma beleef deur ander se vertellings of beeldmateriaal van ontstellende gebeure.

Emosies is energie in mosie. Dit beteken dit moet vloei. Onderdrukte emosies lei tot ’n opbou van emosies wat iewers in die energie-liggaam vassit en siekte en energie-blokkasies kan veroorsaak. Dit kan ook ’n baie negatiewe uitwerking op jou denkpatrone en sodoende jou lewenstandaard het. As ons dink aan die gewilde frases, “We are what we think” en “You attract your most active thoughts”, dan maak dit net sin dat ons met ons vrye wil van dink en doen mede-vervaardigers van ons realiteit is.

Laat jouself toe om deur jou emosies te werk en dit te voel, maar moenie jou hartseer voed met meer hartseer nie. Rou wonde en onverwerkte emosies word vasgevang in ons liggame en steek later kop uit as allerhande siektes en pyne.

Om te huil is een manier om uiting te gee aan jou emosies. Dit was letterlik jou siel skoon. Beweging bevry ook emosies. Oefening, joga, spring, dans, hardloop, stap en diep asemhalingstegnieke is maniere om energie in mosie te kry. Dit help ook om dit neer te skryf.

As jy jou kinders erkenning van hul gevoelens ontsê met sêgoed soos, “dis niks om oor te huil nie” of “seuntjies huil nie”, ontneem jy hulle van innerlike balans. Ontkende gevoelens en onderdrukte emosies kan omskakel in “limiting beliefs”. Dit keer jou om op jou emosies te reageer. Jy is ook nie in staat om lighartige liefdevolle energie te skep en om ’n gevoel van selfwaarde te bevorder nie.

Ons word almal gebore met empatie en as kinders kan ons baie gou ander se emosies aanvoel en ons eie maak. Ons word egter deur ons grootwordjare so baie keer die geleentheid ontsê om te huil of kwaad te wees wanneer ons wil of selfs te lag vir dit wat ons snaaks vind, dat ons voeling nie net met ons eie emosies, maar ook met die van ander verloor. As ons nie deernis, liefde en humor teenoor ons self kan betoon nie, kan ons dit nie opreg teenoor ander betoon nie.

Deur jou emosies te erken en daaroor te praat, sal help om jou brein te rewire. Vra jouself af, watter emosie voel ek nou? Erken dan jou emosies, laat dit deur jou vloei. Doen die oefening met intense konsentrasie vir so vyf tot tien minute wanneer daar ’n emosie opkom. As jy voel jy wil dit onderdruk, maak jou oë toe en voel hoe daai emosie deur jou liggaam verwerk word. Jou emosies moet transformeer of vrygelaat word, maar nooit onderdruk word nie.

Hier is ’n paar wenke om jou te help om trauma te verwerk:

  • Neem ’n bewustelike besluit om deur trauma te werk of ou seer te laat gaan.
  • Wees versigtig om nie in die strik van secondary gain te val soos om te voed op selfbejammering en die bejammering van ander mense nie.
  • Spandeer tyd in die natuur en naby water. Loop kaalvoet en grond jouself.
  • Doen gereeld leidende meditasie of net meditasie met diep asemhalingstegnieke.
  • Gee gehoor aan jou liggaam en inner-like self.
  • Vermy grusame beeldmateriaal.
  • Praat oor jou gevoelens met iemand wat jy vertrou. Dit help jou om dinge in perspektief te sien.
  • Sluit aan by ’n ondersteuningsgroep.
  • Ontspan jou kake, vuiste, tong en skouers. Kou kougom as jy voel jou tong klem heeltyd teen jou verhemelte vas.
  • Let op na wat jy sê en hoe jy dit sê.
  • Maak ’n keuse om te vergewe en neem ook verantwoordelikheid vir jou aksies en onderneem selfvergifnis.
  • Neem verantwoordelikheid. Ons moet eerlik met onsself wees en nie altyd die skuld wil skuif na ander nie.
  • Trauma release exercise (TRE) is ook ’n baie goeie opsie om te oorweeg. TRE is ’n reeks innoverende oefeninge wat die liggaam help om die spierpatrone van stres en spanning en trauma vry te laat. Wanneer dit geaktiveer word in ’n veilige en gekontroleerde spasie word die liggaam aangemoedig om terug te keer na balans.
  • Lewe in die oomblik. Vrees is om iets te oordink wat nog nie gebeur het nie en spyt is om oor en oor iets te herleef wat klaar gebeur het.
Meer oor:  Kuiercoach  |  Kuier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.