Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Kuiercoach: Werk wys met jou tyd en energie
11 Julie 2018

Die jaar 2020 verteenwoordig ’n tyd van hernude balans. Dis die einde van ’n ou siklus en die begin van ’n nuwe.

As ons in ag neem dat die lewe grotendeels deur siklusse bestuur word, word die horlosie dikwels as ’n energiedief gesien. Dis asof ons die tyd najaag en die tyd ons jaag.

Maar in der waarheid kom en gaan die siklusse van die natuur en heelal sonder dat jy dit hoef te jaag of angstig te word daaroor. Herfs kondig winter aan en lente kondig somer aan.

Kom ons volg die voorbeeld van die natuur en laat dié dekade dus vir jou ’n begin wees om met rustigheid die balans van jou lewe te restoureer.

Kyk na alles en almal wat nie tot die persoonlike groei van die beste weergawe van jouself bydra nie en neem dan daadwerklike stappe om vorentoe te beweeg en daaruit te groei. As iets of iemand nie in jou gees aanklank vind nie, laat dit van jou wegvloei sonder om die rigting daarvan te wil bepaal. Moet dit nie energie gee nie. Wat vir jou bedoel is, sal altyd joune wees. Belê jou energie met wys­heid in dit wat jy wil laat groei.

Let op jou gedagtes. Sien dit as saadjies wat jy plant en energie as die water wat die plantjie laat spruit en vrugte dra. As medevervaardigers van ons realiteit is dit belangrik dat ons die gawe van vrye wil met wysheid en insig toepas. Gedagtes word deur vrye wil gestuur, maar deur ligte en donker energie bepaal. Hier is wysheid nodig van wie en wat jy in jou lewe toelaat en waarmee jy jou lewe vul.

Jy het nie ’n verantwoordelikheid teenoor enigeen wat nie jou energie respekteer nie. Met ander woorde mense wat jou emosioneel, fisies of finansieel manipuleer.

Respekteer jou emosionele welstand genoeg om enige tyd vry te voel om te sê: “jammer, dit is nie vir my nie”. Jy hoef ook nie mense wat jy emosioneel uitdagend vind, in te sluit in ’n uitnodiging uit blote pligsgevoel nie. Die ander kant van die muntstuk is om ook te aanvaar wanneer jy die een is wat afgeskiet word. Niemand behoort aan iemand anders nie en elkeen se tyd en energie is hulle s’n om te gebruik soos hulle voel. Respek vir jouself en ander is baie belangrik.

Dis goed en reg om iemand emosioneel te ondersteun, maar ons moet waak teen “energy vampires” wat emosionele vervulling put om uit die donker gat water te skep en dan jóú beker van lig, moed en krag leegtap terwyl hulle hul beker van swaar energie op jou uitstort. Hulle loop met ’n ligter gemoed weg en jy sit met die swaar, donker, versmorende energie.

Jou persoonlike grenslyne moet sterk wees. Nie net vir ander nie, maar ook vir jouself. Tog, wees bewus van die fyn lyn tussen grenslyne en mure. Met grenslyne kan ons na gelang van die omstandighede flexible wees. Maar mure kelder jou. Dit hou nie net ander buite nie, maar jou ook binne. ’n Gevangene van jou eie omstandighede van selfopgestelde beperkings.

Het jy al ooit agtergekom wanneer iets ’n groot gedeelte van jou denke in beslag neem, sal dit meer en meer in jou realiteit opduik? Of dit nou jou grootste irritasie, vrees of vreugde is. ”Energy flows where attention goes.”

As jy bekend is met boeke soos: The law of attraction sal jy die konsep dat ons soos magnete is, verstaan. “You attract your most active thoughts” en “What you resist persist.” As ons so hard probeer om iets te vermy en konstant daaraan dink, trek dan meer daarvan aan na ons.

Vloei, vloei, vloei. Laat gaan beheer. Hoe meer jy dinge probeer beheer, hoe meer gaan dit voel jy verloor beheer en hoe groter bou die drukking in die dreigende ontploffing van die emosionele vulkaan.

Wanneer jy iemand anders voed, voed hulle met liefde en aandag, hetsy dit met woorde, aksies of kos is. Daar is net iets anders aan ’n bord kos of koppie koffie wat met liefde voorberei is. Dis so asof jy dit kan proe as jy net daaraan dink. Die smaak hiervoor sit in ’n dankbare hart en word by uitstek geproe deur diegene wat ook weet hoe om take in liefde te verrig.

Liefde, aanvaarding en ’n dankbare hart is die kweekgrond vir onvoorwaardelike liefde en onvoorwaardelike liefde is die maat waarin die skaal van die lewe balanseer.

So, laat dit dan ons doelstelling vir die nuwe jaar wees: innerlike balans gevoed met onvoorwaardelike liefde vir onsself en ander.

Meer oor:  Kuiercoach  |  Kuier  |  Raad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.