Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Kyk uit vir ons CD!
11 Julie 2018
kuier cd

Die oomblik waarvoor julle al 'n hele jaar lank wag, is binnekort hier! Die hoogtepunt van die jaar, ons CD, sal saam met ons volgende uitgawe (12 Desember) op die rak wees.

Vir die afgelope nege jaar het Kuier die feestyd ingelui met ’n spesiale CD wat ons saamstel met lesers se gunstelingtreffers. En wat dit so besonders maak, is dat die musiek spreek tot almal en dit so deel van ons lewens geword het dat niemand wil uitmis nie.

Vanjaar het ons nie eens ver gaan soek nie, want met ’n skatkis vol van die beste Suid-Afrikaanse musiek, gaan ons sommer lekker jol!

Local is Lekke is die naam van dié CD en jy kan jou regmaak vir van die beste plaaslike treffers – van toeka tot meer onlangs. PJ Powers, Mango Groove, Brasse Vannie Kaap, Vicky Sampson en nog baie meer!

Hierdie spesiale uitgawe met die Local is Lekke-CD kos net R25 en jy sal moet vinnig spring om jou kopie te kry, want dit vlieg soos soetkoek van die rakke af!

Maak dit deel van jou Kuier-CD-versameling en geniet die feestyd saam met ons.

Meer oor:  Kuier  |  Cd  |  Kuier-Cd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.