Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Leserswenke
5 September 2018
rasper en oorbelle

Hou jou oorbelle netjies bymekaar. Spuit ’n ou rasper met spuitverf en hang jou oorbelle in die gaatjies wanneer dit droog is.
Adèle Botes, Klerksdorp

As jou vel baie jeuk, sit Maizena op ’n stukkie watte en smeer dit oral op die jeukerige dele. Dit werk baie goed.
Rosinda, Kraaifontein

Vir enige seerplek, insekbyte of artritis-pyn, meng een Grandpa-poeier met een teelepel Vaseline en smeer aan.
Audrey Boonzaaier Ferus, Wor­cester

Vir almal wat soms nie staalwol of sponsies kan bekostig nie, gebruik ’n lemoensakkie en groen Sunlight-seep om potte, panne en plate mee te skuur.
Kayree de Jager, Mosselbaai

As nuwe skoene jou by die hakskeen druk, sny ’n repie van ’n pantyliner en plak aan die binnekant van jou skoen. Só sal jy nie blase kry nie.
Elwinet Leyding, Krakeelrivier

Water in ’n warmwatersak sal langer warm bly as jy ’n teelepel sout saam met die water ingooi.
Marlene Gertse, Gansbaai

Om ’n duvet inner gou en netjies oor te trek en in plek te hou, speld die omgekeerde bokant van die duvetoortreksel met klein spelde vas aan die inner en vou om in die regte kant.
Sharon Seekoei, Kraaifontein

As jy iets bak wat met meel bedek moet word, voer die bak uit met clingwrap voor jy die meel ingooi. Gooi daarna die clingwrap weg en jou bak so skoon soos toe jy dit uit die kas gehaal het.
Marinda Roman, Northpine

Vir vlekke in jou gesig, maak ’n dik pasta van kasterolie en ’n bietjie koeksoda. Was jou gesig, smeer die pasta aan en hou dit aan vir 10 tot 15 minute. Spoel daarna af met lou water.
Liezel Jansen, Bloemfontein

Vir enige vetkol, plaas bruinpapier onder die kledingstuk en bo-op die vetkol. Stryk met die warm yster op die vetkol totdat dit verdwyn.
Joan Karsten Kleinhans, Worcester

Kortpad-weekmetode vir droë bone: Sorteer en was die bone. Laat kook dit vir vyf minute. Skakel die plaat af en laat staan op die warm plaat vir omtrent ’n uur. Die bone is nou gereed om soos gewoonlik, maar gouer gekook te word.
Ella ­Ludick, Komaggas

As ek besig is om patats te skil, gooi ek sout in die water. Dit verhoed dat dit bruin trek.
Elaine Barnes, Kuilsrivier

SOEK JY/HET JY WENKE?
Stuur 'n WhatsApp na 0607840589, met jou wenk, plus jou naam en blyplek en as ons jou wenk plaas, sal jy R50 verdien. Ons kies ook 'n Wenk van die Maand waar jy 'n groot prys kan wen!

Meer oor:  Kuier  |  Raad  |  Wenke  |  Leserswenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.