Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Leserswenke
03 October 2018
wet wipes

Maak gebruikte wet wipes droog en gebruik dit om brille en TV screens skoon te maak. Dis lekker sag en sal nie krapmerke los nie.

Jasmine Uys, Athlone

Soms maak ek hoenderpastei en het nie die beenlose snit nie. Dan kook ek sommer die dye in ’n kastrol met genoeg water vir die hoeveelheid vleis. Wanneer die vleis gaar en afgekoel is, gooi ek die water in ’n houer en vries dit. Wanneer ek sop of bredie maak, gebruik ek dit as my eie hoenderaftreksel. Dit werk wonderlik!

V. Papa, Bridgetown

Droog teesakkies uit, verwyder die blare en meng met koeksoda. Sprinkel die mengsel oor vuil kolle op ’n mat. Los vir 20 minute en stofsuig.

Louisa, Eersterus

As jy jou brass items wil skoonmaak en laat blink, gebruik tamatiesous. Dit werk soos ’n bom! Smeer aan en laat staan vir ’n paar minute. Was af in lou seepwater met ’n sponsskuurtjie.

Moira Jones, Wellington

Vir bedompige reuke in jou kas, sit bordkryt in ’n lapsak en hang dit in die kas. Die kryt absorbeer klammigheid en voorkom bedompige reuke.

Aulbany Dyers, Elsiesrivier

Om vensters en spieëls skoon te maak, gebruik ou tee. Die metode laat nie net die glas blink nie, maar hou ook die vlieë weg.

Francis Dreyer, Nelspruit

Om van puisies en allerhande lelike vlekke in jou gesig ontslae te raak, maak hierdie mengsel aan: ’n halwe eetlepel kaneel, een eetlepel heuning en die sap van een suurlemoen. Smeer die mengsel aan jou gesig en hou dit vir 30 minute aan en spoel af.

Vanessa Fielies, Elsiesrivier

Doen die volgende vir jou toonnaels wat ingroei: Skraap wolletjies van ’n ou kombers met ’n mes of lem af. Druk daarvan onder die hoek van die nael wat ingroei. Herhaal hierdie metode totdat die nael uitgegroei het.

Liezel Stemmet, Montagu

Meer oor:  Kuier  |  Wenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.