Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Leserswenke
06 Februarie 2019

Neem tweeliter-plastiekkoeldrankbottels wat leeg is en vul dit met water en verskillende kleure koskleursel. Maak dan gate in die grond in jou tuin vir ’n afskorting. Plaas die gekleurde bottels onderstebo – elkeen in sy eie gat. Dit is pragtig vir ’n afskorting en kleurvol in jou tuin. Genève Daniels, Port Elizabeth

As jy nie ’n scrub vir jou gesig het nie, gebruik aqueous cream gemeng met suiker. Skrop liggies en spoel deeglik af. Aulbany Dyers, Elsiesrivier

Om olieverfkwaste wat hard geraak het ná gebruik weer sag te kry, laat lê in kookwater en Omo. Dit werk! Ann Willemse, Strandfontein

Vir ’n doeltreffende mengsel om jou stoof en oond mee skoon te maak, meng ’n kwart koppie opwasmiddel, ’n halwe koppie suurlemoensap, ’n kwart koppie wit asyn en ’n halwe koppie water. Skud dit goed deur. Spuit dit op die stoof en in die oond en laat oornag. Vanessa Fielies, Elsiesrivier

Om grimering langer te laat hou in die warm weer, stoor jou grimeersakkie in die yskas. Jy kan sommer jou nail polish ook in die sakkie los. Die koue laat dit verdik so dan hoef jy net een lagie aan te smeer. Alyssa Tomboer, Delft

Wanneer jy druiwekonfyt kook, voeg een eetlepel asyn by en al die pitte sal na bo dryf. Jy kan dit dan maklik uitskep. Jeanette de Beer, Vredendal

As jy kougom uit hare of meubels wil kry, gebruik lampolie. Vryf die olie aan die kougom, dit sal dit gou laat afkrummel. Lampolie kan ook gebruik word op hout om weeluise uit houtmeubels of houtvloere te kry. Sylvia Augustus, Port Nolloth

Sny blokkies van ’n rubberuitveër af en gebruik as studs vir jou oorbelle totdat jy by ’n winkel kan uitkom om studs te koop. Nicoleen Kapank, Kareedouw

Haal olie, ghries, nail polish en verf van matte af deur ’n bietjie bloekomolie op te gooi en met ’n klam lap skoon te vryf. Hendrika Booyse, Potchefstroom

As jy nie staalwol het nie, vat ’n handvol sout en gooi dit in jou pot of pan waar jy dit wil skoon hê. Gebruik dan ’n vadoek, druk dit hard op die sout en skuur dit skoon. Andrea, Paarl

Jy kan MUM (produk wat gebruik kan word vir as jou blaaie sweet) gebruik vir stink voete. Jou voete sal dalk nog sweet, maar die reuk sal weg wees. Dit werk ook goed vir aambeie. Dit vat die jeuk weg en laat raak dit gouer gesond. Justine Fortuin, OKiep

Meer oor:  Kuier  |  Leserswenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.