Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Leserswenke
17 April 2019

Spoel jou badkamermatte uit met Savlon vir ’n vars reuk, veral as jy klein seuns het wat so sleg aim. Dit laat jou badkamer lank vars en skoon ruik.Lettie Mkhize, Lichtenburg

Indien jou deur se skarniere raas en jy het nie olie byderhand nie, gebruik Spray and Cook. Dit werk goed.Susan, Eersterivier

As kerswas op hout beland het, blaas met ’n haardroër (warm) direk op die was om dit sag te maak. Verwyder dit dan met papierhanddoek en vee skoon met ’n lappie wat in asynwater gedoop is.Edwardline Coetzee, Kaapstad

Moenie ou tandeborsels weggooi nie. Gebruik dit met Handy Andy om rondom die krane in die badkamer skoon te maak. Gebruik dit ook om meubel-olie in die hoekies van meubels aan te wend. Margaret Ross, Douglas

Druk gebruikte foelie in ’n balvorm en skuur jou aangebrande potte daarmee as jy nie skuurdraad het nie.Rolien Arries, Kuruman

As jy aanhoudend hoes, steek jou hande in die lug. Dit sal die hoesbui bedaar. As jy ’n krapperige keel het, meng vier eetlepels heuning met ’n kwart koppie appelasyn. Drink ’n eetlepel ses keer per dag. Marinda van Wyk, Malmesbury

As jy sukkel met harde, gebarste hakke en sukkel om voete en toonnaels skoon te kry, gooi so ’n halwe koppie Domestos in warm water. Soak jou voete vir 10 minute. Gebruik ’n naelborseltjie vir jou naels en ’n klipskuurder om jou hakke glad te maak. Spoel jou voete af in koeksodawater. Smeer room van jou keuse aan jou voete. Doen dit een keer ’n maand om jou voete só te hou. Chantelle, Heidelberg

Vir insekbyte, maak ’n mengsel van Epsom-sout en water. Plaas direk op bytmerk. Vanessa Fielies, Elsiesrivier

Gemmerkoekies is gewoonlik hard. Wanneer jy ’n sagte tekstuur verlang, plaas in ’n oop houer met ’n doekie oor. Siedaar, die koekies is binne ’n dag of twee heerlik sag. Jeanette de Beer, Vredendal

Smeer Tupperware-bakke met olyfolie voordat jy dit gebruik om te verhoed dat dit vlek wanneer jy kos daarin skep. Philip Bartlett, Eldos 

Meer oor:  Kuier  |  Leserswenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.