Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Lynette Francis: Werkende ma’s suig aan die agterspeen
16 Mei 2018

Net so oor die 40% van kinders bly by hul ma. Hul ma is die een wat moet sorg vir die brood op die tafel, die skoolfondse wat betaal moet word, dat die kinders se kop gekam is en dat sy nog taxi fare het om by die werk te kom.

Dit is te midde van nóg ’n busstaking en die treine wat al weer laat is. Daar is nie tyd om te worry oor die mince wat af is, haar kouse wat gerip het of haar data wat al weer verdwyn het nie. Dit is die soveelste keer dat die baas nie verstaan dat die goed nie in haar hande is nie. Sy wil werk, sy móét werk, maar al haar gebede val blykbaar op dowe ore . . .

Dis 06:05 die oggend op ’n Donderdag en ek is al op kantoor, maar ek het ’n kar en petrol in die tenk (want payday was drie dae gelede). Die debietorders wat ping-ping op my sel herinner my dat die keiser vat wat die keiser toekom. As ’n enkelouer moet ek juggle en stelsels in plek het om te kan funksioneer.

My huishulp sonder wie ek nie kan klaarkom nie, kan nie inkom nie. Die tires brand in Kagiso en die taxi’s ry nie. Sy is ’n werkende ma van twee skoolgaande kinders en het ’n man wat werkloos is. Sy is die enigste broodwinner en sy het vier piece jobs. Ek het so ses jobs wat ek probeer bestuur terwyl ek my kind alleen grootmaak. 

Jy operate meestal in crisis mode, maar jy moet dit doen – jou kinders maak staat op jou.
Lynette Francis

So Moedersdag het, soos Vrouedag, gekom en gegaan. Dis ’n droewige prentjie van vroue wat spartel om asem te haal en hul huishoudings aan die gang te hou. Dis nag om ons en die stelsels help ons glad nie. Gaan na die maintenance hof om jou papgeld te kry en jy moet ’n dag daar sit.

Die meeste ouers wat by die howe opdaag, is enkelouers. Die pa stel net nie belang nie. Die werksomgewing verander ook te stadig. Getroude vroue wat teruggaan werk toe ná drie of vier maande van kraamverlof moet net soos mans perform by die werk al het jy skaars deur die nag geslaap.

Het werkgewers simpatie as jou kind koliek het of stuur hulle jou huis toe as jy soos ’n potjie Vicks ruik, duidelik siek? Maar vat net ’n dag af om gesond te word en jy word skeef aangekyk. Die stelsels in die werkplek is ingerig om jou manlike kollegas te ondersteun. Ons moet dit hersien.

Vra bietjie by Human Resources hoe lyk die system en wat is in plek om vroue-gelykheid in die werkplek te bevorder. As ’n man net oppak en huis toe gaan, want sy kind is siek is daar meer simpatie. Hy is mos so involved, maar as ’n vrou (in dieselfde posisie) dit doen, word daar gesuggereer dat sy nie ten volle op haar werk kan fokus nie.

Die ligpunt is dat daar sekere maatskappye in Suid-Afrika is (ons praat nou nie van Facebook en Google nie) wat wel die werkplek so ingerig het dat Mamma die kind kan borsvoed en nog die middag haar Powerpoint presentation sonder braak of melkvlekkies kan doen. ’n Man kan net opstaan, tande borsel en gaan werk.

Sowat 40% van die ma’s wat alleen die family affairs moet run, staan op, moet sorg dat die kinders by die skool kom, daar lunch is, die huiswerk gedoen is, die aandete gekook is, sy skoon onderklere het, daar toiletpapier is . . .

En sy het nog nie eens by die werk ingeklok nie. Sedert my kind vanjaar by die kleuterskool is, moet ek vroeër opstaan om my uit te sort, dan moet ek vir haar aantrek en by die skool kry. 

Jy kan nie vir ’n driejarige sê daar is nie tyd vir puzzles bou nie, want jy moet agtuur op lug wees en ’n vrolike vinkie wees! Jy sit systems in plek waar jy kan. Jy vleg die hare saans, sit ’n swirlkous op, pak die lunch en sit die klere vir die volgende dag uit. As ek ’n kliënt moet sien, is dit nog vroeër woel, want jy moet presentable lyk.

Daar is nie tyd om Suidooster te kyk nie, wat nog te sê van ’n man date? Die emosionele moegheid en fisiese uitputting dra jy soos jou ID met jou saam. Jy operate meestal in crisis mode, maar jy moet dit doen – jou kinders maak staat op jou. Vroue het geleer om die punches te vat. Ons thrive, ons survive, want ons het nie ’n keuse nie. Dis elke suster vir haarself. Dis sad, want ons kan soveel sterker wees as ’n sisterhood en as ons mekaar net meer ondersteun.

*Lynette Francis is die aanbieder en uitvoerende vervaardiger van Praat Saam op RSG. Sy is ook die anker van Fokus op SABC2 en nuusleser vir die Afrikaanse nuusbulletin. Volg haar op Facebook en Twitter @LynetteFrancis1.

ILLUSTRASIE: RYAN CAROLISEN


Dié artikel verskyn in die 16 Mei 2017-uitgawe van Kuier-tydskrif.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.