Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Mini-Pavlovas met vrugte
16 Mei 2018

Lewer 6 – 8

BESTANDDELE

  • 200 g strooisuiker
  • 12,5 ml asyn
  • 2,5 ml kremetart (cream of tartar)
  • 20 ml kookwater
  • ’n Knippie sout
  • 2 eierwitte
  • 1 teelepel vanilla essence
  • ½ koppie grenadellapulp
  • Vars frambose (raspberries) of aarbeie
  • 1 koppie room, styfgeklits met 1 teelepel suiker en 1 teelepel vanilla essence

METODE

Voorverhit die oond tot 100°C.

Gooi suiker, asyn, kookwater en sout in ’n bak en meng.

Voeg vanilla essence, kremetart en eierwitte by en klits tot stywe punte vorm.

Skep die mengsel in ’n groot spuitsak en spuit klein meringue-nessies op ’n bakplaat wat gevoer is met kleefwerende bakpapier.

Plaas die plaat in die oond en verlaag hitte tot 80°C. Bak vir 1 tot 1½ ure. Sit die oond af en laat die meringues in die oond afkoel.

Samestelling

Skep lepelsvol van die voorbereide room in die holte van elke afgekoelde meringue.

Versier met grenadellapulp en vars bessies.

Bedien dadelik.


Dié artikel verskyn in die 16 Mei 2017-uitgawe van Kuier-tydskrif.


Meer oor:  Teetyd  |  Kuier  |  Resepte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.