Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
MODE: Eien jou erfenis
19 September 2018
mode, erfenis
mode, erfenis
mode, erfenis
mode, erfenis

Vier ons ryk erfenis met Afrika-geinspireerde modes.

Kies helder kleure en patrone of kry inspirasie met fokusitems. 

Om seker te maak jy staan uit, rond jou uitrusting af met bonkige juwele en 'n kopdoek.

Broek, R599, Poetry; hemp, R149.99, MRP; skoene, R169.00, MRP; doek, R29.99, Choice clothing; armbande, R50, MRP; oorbelle, model se eie

Dra 'n doek
Die doek was kenmerkend aan die struggle-ikoon Winnie Mandela. 

Behalwe dat dit herkoms van kultuur en geloof simboliseer is dit vandag 'n modebykomstigheid.

Dit kan op verskillende maniere gebind word.

Nou kan jy steeds stylvol lyk al is jou hare woes onder daai doek.

Hemprok, R280, Exact; T-hemp, R99,99, MRP; tekkies, R120, Exact; belt (x2) R49,00, MRP; oorbelle, R69, Miladys; halssnoer, R99, Miladys; armbande, R50, MRP.

Township-styl
'n Uitlokrok, tekkies en kopdoek is 'n bekende styl in die strate van townships.

Dis informeel, met 'n tikkie styl.

Pas jou styl aan met bykomstighede soos 'n belt, beltsak, hakskoene of sandale.

Romp, R159.99, MRP; T-hemp, R49, MRP; baadjie, R499, The Fix; skoene, R119, MRP; serp, R149, Miladys; oorbelle, R39.99, MRP; armbande, R50, MRP.

Die kasteel
Die fotosessie het by die Kasteel in Kaapstad plaasgevind.

Die Kasteel is tussen 1666 en 1679 gebou en is die oudste bestaande koloniale gebou in Suid-Afrika.

Dit is 'n ware sentrum van gedeelde erfenis in die land. Dit vertel 'n storie van vreugde, pyn, trane, geluk, vrees en hoop, en die Kasteel het 'n kardinale rol gespeel in die ontwikkeling van Suid-Afrika.

Broek, R179.99, MRP; baadjie, R249.99, MRP; skoene, R70, MRP; pet, R130, Exact; handsak, R199.99, MRP; halssnoer (en oorbelle), R149, Miladys; top, model se eie.

Vir meer inligting oor die nasionale erfenisterrein besoek www.castleofgoodhope.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.