Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Mooimaakwenke vir mans
27 Junie 2018

1. Hare

As jy met die eerste oogopslag ’n goeie indruk wil maak, moet jou hare netjies wees. So sny jou hare gereeld of laat dit shape deur ’n barber wat jy vertrou.

Indien jy van een styl hou, kan jy nou en dan klein veranderings aan jou haarstyl maak soos die modes verander. Moet ook nie skaam wees vir ’n bietjie kleur nie.

Hou jou styl tip-top deur in die regte produkte te belê wat jou hare én sak pas. As jy nie seker is oor watter produkte die beste gaan werk nie, vra jou barber vir advies.

2. Vel

Asvaal vel is beslis uit, so kies produkte wat gepas is vir jou veltipe en dit sal bevogtig.

Olierig: Gebruik jelgebaseerde face wash en matte-bevogtiger.

Droog: Gebruik ’n roomreiniger en ’n olie- of watergebaseerde bevogtiger.

Normaal: Gebruik ’n face wash wat skuim en ’n roombevogtiger.

Droog en olierig: Gebruik ’n face wash wat skuim en ’n jelgebaseerde matte-bevogtiger. Wend oogroom onder jou oë aan vir donker kringe en moenie sonskerm vergeet nie.

3. Baard

Behalwe dat jy jou baard moet trim, moet jy dit ook gereeld was om van vuilheid ontslae te raak. Jy kan daarna opknapper, olie of wax aanwend.

Sny jou baard volgens jou gesigsvorm:

Ovaal: Alle style pas by jou, maar moenie enige skerp hoeke trim nie.

Rond: ’n Lang baard met kort kante.

Langwerpig: Sny jou baard kort onder en hou dit lank by die kante.

Vierkantig: Hou dit lank en rond met kort kante.

Driehoekig: Hou dit kort. Diamant: Hou die kante kort en lank onder.

4. Skeer

Om jou vel so min as moontlik te irriteer, moet jou porieë oop wees. Stort voor jy skeer of maak jou gesig met warm water nat om jou porieë oop te maak.

Wend dan ’n goeie skeerroom aan wat die baard sal sag maak en skeer met ’n lem wat in warm water geweek is om so na moontlik aan die vel te skeer.

Wend dan ’n naskeermiddel aan.

WENK
Skeer altyd in die rigting wat jou baard groei. Dit sal ingroeihare (jeuk en puisies) voorkom.

5. Manscape

Die areas wat nie so ooglopend soos jou baard en hare op jou kop is nie, het ook aandag nodig.

Trim die hare onder jou arms en wat by jou neus en ore uitpeul. Jy sal dit maklik kan regkry met ’n trimmer wat alles in een kan doen.

En moenie skaam wees om jou wenkbroue vir meer definisie te wax, pluk of thread nie.


Die artikel verskyn in die 27 Junie-uitgawe van Kuier-tydskrif.


Meer oor:  Baard  |  Velsorg  |  Kuier  |  Skoonheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.