Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
PEILING: Het jy al ooit online dating probeer?
5 September 2018

HET JY AL OOIT ONLINE DATING PROBEER?

Nee. Daar is baie siek mense op sosiale media. Die persoon wat jy daarna in die werklikheid sien, word ’n narsis en floreer op weerlose, honger-vir-liefde vroumense.

Salmah Haines, Kimberley

Ek en my man het só ontmoet, getrou en is gelukkig! Ek het vir my man gebid en God het hom daar geplaas. Ons het dit vir die regte redes gedoen en nie om enigiemand om die bos te lei nie.

­

Delysia Thompson, Lephalale

Ooo jinne, dis nie iets wat ek maklik weer sal doen nie. Ja, ek sal chat en so, maar die ontmoet... Ek maak ’n lysie van goed in my kop en dink dan daaroor voordat ek iemand ontmoet. Ja, daar is siek mense, maar ook baie goeie en nice mense.

Levin Booysen, Eersterivier

Dis baie risky en kan gevaarlik wees! Ek kyk graag Catfish, maar dis maar een uit ’n 100 wat regtig true is. Ek het al ’n paar vriende ontmoet, maar nog nie dáái iemand nie.

Mandi Kleynhans, Stellenbosch

Ek het ’n handjie vol goeie vriendskappe gemaak. Die res, sal ek sê, bly maar weg! Wees altyd verskriklik op jou hoede. Al is hulle hoe mooi, demand evidence.

Ruth Minnaar, Mitchells Plain

Ja en dit gaan nog goed sover.

Marieta van Zyl, Malmesbury

Ek het my ou nege jaar terug op ’n dating site ontmoet. Ons is agt lieflike jare getroud!

Mercia Town, Kaapstad

Ná jare se seerkry het ek so drie jaar gelede besluit niks meer plaaslike mans vir my nie. Ek soek net mansvriende in die Kaap. Ek was op ’n sosiale dating site. Ek besef nou hoe baie ek my lewe in gevaar gesit het om mense te ontmoet. Ek het goeie mense ontmoet wat my lekker getreat het. Maar glo my, dit werk nie, want hulle bly soekend en is altyd op die dating site. Daar is ook baie siek mans wat leuens vertel en kaalfoto’s of airtime soek.

Irene Maart, Robertson

Tinder is die mental institution van die internet.

Joy Klaaste-Jardine, Vredenburg

Ek en my man het op ’n website ontmoet en gaan nou al vir drie jaar getroud wees. Ons is amper al sewe jaar saam!

Ronel beukes, Alberton

Los maar eerder! Ek dink op my ouderdom is dit ’n bietjie gevaarlik om online te date en liefde te soek...

Mercia Adonia Willemse Blankenberg

Nee! Dit is te gevaarlik en almal is leuenaars.

Linda Scheepers

Meer oor:  Kuier  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.