Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Kuierwenke: Raad met peste
3 Oktober 2018

Ek het altyd wildeknoffel tussen-in my groente geplant. Dit het die molle ook sommer weggehou.

Adonia Blankenberg, Atlantis

Baie insekte hou nie van sterk reuke nie, so ek plant sitronella, mint, basiliekruid en ander kruie rondom my tuin om hulle weg te hou.

Lucille Plaatjes, Paarl

Kruipende insekte soos slakke en wurms val van die grond af aan, so maak dit gevaarlik vir hulle. Ek gooi gebreekte eierdoppe om my plante om die gediertes weg te hou.

Johanna Kreep, Vredenburg

Ek vang paddas en laat hulle los in my tuin. Hulle is mal oor insekte en dit werk vir ons. Ek het ook ’n bakkie met kos en water vir voëltjies en hulle doen sommer die vangwerk vir my.

Solet Pansegrouw, Vereeniging

Moenie jou groentetuin te vol plant nie. Insekte hou van knus huisies en dis ook moeiliker om hulle te sien as daar te veel goed geplant is.

Beverly Stanton, Piketberg

Meer oor:  Kuier  |  Wenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.