Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Raad vir CV’s & onderhoude
22 Januarie 2020


Werk is skaars en daar is altyd meer aansoeke as poste. Maak dus seker jy het die beste kans om aangestel te word met ’n professionele CV en die gereedskap om tydens jou onderhoud te beïndruk.

1. Die ontwerp van jou CV hang af van jou persoonlike voorkeure, maar maak seker dis goed bymekaargesit en dat dit lekker lees. Moenie oorboord gaan met ’n ingewikkelde font of fontgrootte wat te groot of klein is nie. Sorg dat elke afdeling sy eie opskrif het.

2. Jou kwalifikasies en werkervaring is die belangrikste inligting op jou CV. Volgens Jody Mallum, ’n werwingsagent van Kaapstad, verkies die meeste werkgewers dat hier- die inligting kort en gelys moet wees. Hulle wil nie deur ’n lang storie oor jou lees om die inligting te soek nie.

3. Jou kontakbesonderhede moet uitstaan en reg wees sodat mense jou maklik in die hande kan kry. Dit is nie nodig om jou woonadres te gee nie, maar dit kan help. Jy hoef ook nie al die rekenaarprogramme te lys wat jy kan gebruik nie, behalwe as dit ’n belangrike vaardigheid is vir die pos waarvoor jy aansoek doen.

Antwoord slegs wat vir jou gevra word tydens die onderhoud, maar moenie bang wees om vrae te vra nie. Dit gee die indruk dat jou aandag daar is en jy belangstel. Maar moet ook nie te veel vrae vra nie, anders lyk dit asof jy wil oorvat en dikwels is die tyd ook beperk.

4. Lys jou vaardighede en prestasies en noem soveel as wat jy kan. Dit laat jou goed lyk vir potensiële werkgewers. Andrea Barends van Media24 se menslike hulpbronne meen jou bykomende kursusse en toekennings sal jou onmiddellik laat uitstaan. Lys egter net die belangrikste wat met die pos te doen het.

5. Moet nooit jou huidige werk-e-posadres of ’n buitensporige persoonlike of onvanpaste e-posadres, soos loverguy22@gmail.com, gebruik nie. Dit is onprofessioneel.

Wees eerder 10 minute te vroeg. Werkgewers moet nooit vir jou wag nie.
Andrea Barends

6. Dis deesdae meer algemeen om skakels na jou sosiale media-profiele op ’n CV in te sluit, maar dis raadsaam om aparte profiele vir persoonlike en professionele gebruik te hê.

7. Hoewel dit belangrik is om jouself in jou CV te verkoop, kan jy sedert Augustus 2019 (met die inwerkingstelling van die wysigingswetsontwerp op Nasionale Kwalifikasies) beboet of tot vyf jaar tronkstraf opgelê word as jy op jou CV (of sosiale mediaplatforms soos LinkedIn of Facebook) oor jou kwalifikasies lieg.

Jou CV is soos ’n trailer. Mense wil net die highlights sien.
Andrea Barends

8. Trek gepaste klere aan vir jou onderhoud. As jy byvoorbeeld aansoek doen by ’n regsfirma, moet jy meer formeel wees. Vir ’n kreatiewe omgewing kan jy dit casual hou.

9. Moenie kougom kou tydens ’n onderhoud nie en sit jou foon af.

10. Doen navorsing oor jou voornemende werkgewer. Dit lyk goed wanneer jy kan saamgesels oor die betrokke bedryf.

Dit is belangrik om ’n goeie indruk te maak. Wees vriendelik en professioneel.

* Foto’s: Gallo Images/Getty Images

Meer oor:  Kuier  |  Loopbaan  |  Raad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.