Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Raad vir die visreuk
11 Julie 2018

Dis alweer Paasfeestyd en ek soek asseblief raad vir die visreuk wat so in my huis hang in hierdie tyd. - Belgravia Jones, Muizenberg 

Dis niks lekker as jou huis ’n klankie het nie, veral nie wanneer jy gaste het nie. As die vis werklik vars is, behoort dit nie te veel te ruik nie. Maar selfs die varsste vis het ’n reuk as dit eers gaar is. Die reuk kom gewoonlik van die manier waarop jy dit gaarmaak.

  • Deur die vis in foelie of papier te sit of ’n deksel op te sit, kan help. Om die vis in melk of suurlemoenwater te laat lê voordat jy dit gaarmaak, kan ook help.

Om knoffel en tiemie in die pan te gooi sal die visreuk vervang met ’n aangename kruie-aroma.

  • Voordat jy begin kook, maak al die binne-deure van jou huis toe om te keer dat die walm deur jou huis trek, maar maak die kombuisdeur en vensters oop vir meer ventilasie. Vee enige mors en spatsels dadelik op.
  • As jou huis reeds soos ’n viswinkel ruik, kook asynwater vir ’n paar minute om die reuk uit die lug uit te trek. Jy kan ook kaneelstokkies of laventel-olie of vanilla essence byvoeg.

BRONNE: https://bit.ly/2TU6jFs en https://bit.ly/2YNvrRQ

 

My kas is so oorvol met klere – van dit is al oor die tien jaar oud. Maar sodra ek wil begin uitgooi, kan ek nie. Dis amper asof ek te geheg is aan al my klere. Enige raad? Magda du Toit, Bellville

Pak eerstens jou hele kas uit op jou bed en pak dit dan weer netjies terug.

Probeer ontslae raak van enigiets wat jy nie meer wil hê of dra nie. As jy die items saam wegpak – broeke by broeke, hemde by hemde – behoort jy ook te sien waarvan het jy dalk te veel. Wanneer jy dit terughang, hang al die hangers na dieselfde kant toe.

Wanneer jy iets gedra het, draai die hanger anderkant toe. Binne ses maande sal jy duidelik kan sien wat jy gereeld dra en wat jy dalk glad nie dra nie.

Tensy jy ’n baie goeie rede het om dit te hou, gooi die items wat jy nie gedra het nie uit of gee dit vir iemand anders.

BRON: https://bit.ly/2GOHVhJ

Meer oor:  Kuier  |  Raad  |  Wenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.