Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Rubriek: Wat die hart van vol is
11 Julie 2018

Koms kan tegnologie die hart se snare so tokkel dan dit jou op ’n duisend reise van herinneringe vat.

Soms scroll ek deur my selnommers of Facebook-vriende van die laaste jare. Dan kom ek af op nommers en profiele van vriende op wie die aarde reeds sag rus. Mense sê mos hulle sal wat ook al gee om vir hul geliefdes nog ’n paar dinge te sê. Maar ek laat nie op my wag nie en laat my geliefdes weet wat in my hart aangaan.

Soms stuur ek nog vir my ontslape mentor, Boeta Mel (Melvin Whitebooi), ’n inboks as ek raad nodig het oor die gedrukte media. Hy het sowaar alles van koerante af geweet.

En glo my dis asof hy soms antwoord wanneer ek stil raak en my hart oopmaak vir die fluisteringe van my gestorwe vriende. Dan is daar my oud-skoolhoof en politieke raadgewer. Meester het altyd sy selfoon geantwoord as ek iets wou weet. Advies en rigting het hy altyd gegee en aangedui. Hy was nie op Facebook nie, maar vir hom sal ek ’n SMS stuur – al behoort sy nommer seker al aan iemand anders.

’n Draai by sy graf en ’n vinnige geselsie asof ek met hom oor die selfoon praat, doen my ook goed. Om deur my selfoonkontakte te blaai, is elke keer vir my soos ’n opehartoperasie. Ek sny tot op elke aar en senuwee wat my die lewe gee. Want tog het my oorle geliefdes ’n groot impak op my lewe gemaak. Hulle is deel van my. Hoe lui die spreekwoord? “Yster slyp yster, so slyp die een vriend die karakter van ’n ander.”

En die gedagte dat ek nooit weer met my ma kan praat nie, maak nog seerder. Maar ek weet ons het ’n spiritual connection. Dit is iets wat geen geld of tegnologie kan koop nie. Menige aand het ek die middernag-olie in my oorle ma se huis gebrand. Ek “bel” haar nog gereeld op Easter en vra hoe sy haar kerrievis gemaak het.

Ek het hom sommer nou weer ’n SMS gestuur. Dis ’n moet om kontak te hou met spesiale mense, al is hulle nie meer hier nie.

Want die pers en geel kerrievisbak wat ek by haar geërf het, word nog jaar ná jaar gebruik om ons kerrievis in te lê. My beste buddy se naam begin met “R” en as ek daar in my kontakte kom, dink ek aan hoe hy was. My hele lokasie het hom ook sommer “Buddy” genoem. Ek het hom “Blessings” genoem.

Hy was daai ou wat altyd die blessings met sy worsrolletjies uitgedeel het. Die grapjas wat gesorg het dat niemand met stres besmet sou word nie. Ek wonder wat hy sou dink van die polonie-besmetting wat die land getref het. Ek mis sy insig en sy trefwoorde wat ’n hele lokasie laat skaterlag het. Ek het hom sommer nou weer ’n SMS gestuur.

Dis ’n moet om kontak te hou met spesiale mense, al is hulle nie meer hier nie. En mens, moenie dat dit by hul verjaardae kom nie en die einste Facebook herinner jou aan vriende se verjaardae wat lank nie meer met jou kan celebrate nie. Wie ken daai gevoel van hartseer, van wonder of jy op die vriend se timeline ’n verjaardagwens moet skryf?

Want kyk, jy weet daardie vriend is alreeds drie jaar daar waar hy of sy verjaardagkersies met die engele doodblaas, maar mens kan nie help om begeerlik te wees nie. Iemand het nou die dag aanbeveel dat Facebook ingelig moet word as iemand oorlede is sodat hulle die profiel kan afhaal. Aikôna. Moet ’n mens dan so gou gedwing word om te vergeet? Ander sê weer mens moet ’n sielkundige gaan sien om met die dood te kan deal, om ontslae te raak van die nostalgie.

Dis dan al wat ons van ons mense oorhet – hul nagedagtenis. Dit vat net ’n paar knoppies se druk om hulle aanlyn uit te wis. Maar my hart is egter te klein om al ons herinneringe saam uit te wis. Ons het ons lewens met mekaar gedeel – in goeie en slegte tye. Ek kry dit nie oor my hart om hul nommers te delete of hulle te unfriend nie. Nostalgie het nog altyd my hart ’n beklemming gegee. Die ouer geslag wil mos soms baie min met tegnologie te doen hê. Maar dis darem goed vir een ding.

So dis darem nie te sleg nie. Ek kan daarmee lewe. En as ek daar sit met al my herinneringe dan troos ek maar: Memories don’t leave like people do . . 


Die artikel verskyn in die 11 Julie-uitgawe van Kuier-tydskrif.


Wen R1 000 met jou hart-storie

’n Mens het ’n sterk hart nodig om al die uitdagings van die lewe aan te durf! Vertel ons jou storie oor daai keer toe jy ’n sterk hart nodig gehad het en jy kan R1 000 wen!

E-pos jou rubriek (800 woorde) en ’n foto van jouself (300 dpi) vir ‘Wat die hart van vol is’ na kuier@kuier.co.za met die woord RUBRIEK in die onderwerplyn of stuur dit met gewone pos na Wat die hart van vol is, Kuier, Posbus 1802, Kaapstad 8001. As ons jou hart-storie publiseer, wen jy R1 000!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.