Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
RUBRIEK: Wat die hart van vol is
11 July 2018

Wen en verloor is so oud soos Metusalem! Dis so deel van ons natuur om te wil wen dat ons soms op ander trap om die boonste sport te bereik.

Om te wen, is uit die Bybelse era al ’n begeerte wat in almal gaan skuil het. Só het Lucifer waarskynlik ook probeer om op gelyke vlak met God te wees en is aarde toe verban om sy stryd hier voort te kom sit om siele te wen. En dit kry hy wonder bo wonder reg met sy kamoeflering van die leuen en die boosheid wat hy voordoen as die waarheid en dit wat verkeerd is wat hy laat lyk na reg.

Netso verander ons persoonlikhede dikwels as gevolg van oorwinning. Byvoorbeeld wanneer ons ’n promosie by die werk kry, behandel sommige hul kollegas asof hulle verloorders is.

In die enorme kolosseums en amfiteaters van die vroeë tye was daar gedurig gevegte met strydwaens, swaarde en gevegte dat die bloed spat en waar skares gil van lekkerte as iemand oorwin word met ’n doodhou deur sy teenstander.

Só word die stryd tussen wen en verloor bepaal deur die uitklophou in die bokskryt, maak nie saak of die bokser ná jare breinskade opdoen nie.

Die lottonommers maak jou ’n kitsmiljoenêr, maar jy bly ’n verloorder as jy dit nie met ander wat van armoede en ellende krepeer, deel nie. Dit omskep jou in ’n egoïstiese monster wat jou siel verkoop vir materiële besittings en ’n stewige bankbalans.

Niemand neem notisie van die verloorder nie. Die verloorder word glad nie meer raakgesien nadat die wenner aangekondig word nie, want sy doel is klaar. Tog kan daar nie wenner wees as daar nie ’n verloorder is nie. Die teenoorgestelde is ook waar.

Dis so belangrik dat die wenner sy oorwinning kan verwerk en nie daardeur ’n groot kop kry nie. Wat nog belangriker is: die verloorder moet sy verloor kan hanteer soos ’n wenner en sy kop omhoog hou. En die belangrikste: jou oorwinning moenie jou van jou menslikheid beroof nie, want dan gaan jy op ander mense neersien en sommer maak asof jy die koning se kat se stert is!

En die belangrikste: jou oorwinning moenie jou van jou menslikheid beroof nie

Dis soms baie moeilik vir die verloorder om sy verloor te hanteer en nie daardeur totaal verpletter te word nie. Geen verloorder is in sy totaliteit ’n verloorder nie. Die proses of situasie waarin jy dalk verloor het, is maar een faset van jou menslike bestaan waarin jy nie jou beste gelewer het nie. Tog is jy op ander gebiede ’n wenner en dit moet jou aan die gang hou en jou stut wees as jy ’n dik sny van die bitter verloorbrood geproe het.

Almal het al die wrang smaak van verloor geproe. Ons verloor die stryd teen ’n terminale siekte. Iemand het verloor in ’n liefdesverhouding. Ja, vra maar enigeen – of dit ’n atleet, bokser, sokkerspeler (vra maar vir Bafana Bafana), rugbyspeler (vra maar die Springbokke), J.K. Rowling (wie se Harry Potter so baie kere afgekeur was) – watter bitter pil dit is om dit te sluk. Maar van die verloorders het opgestaan, die stof afgeskud en vorentoe gekyk en het as wenners uitgetree, ongeag hul vorige verloorstryd.

Verloor beteken nie jou wêreld moet tot stilstand kom nie. Mens moet elke mislukking in jou lewe gebruik as vastrapplek vir sukses. Dit moet jou motiveer om sterker te word.

Dis baie lekker om oorwinning en sukses te smaak, en dis makliker om te verwerk, maar mense weet nie altyd hoe om verloor te verwerk en te hanteer nie, want ons word nie altyd daarvoor voorberei nie. Dit is daarom dat die onverwagse impak van verloor sommige verpletter en soms selfs eindig in ’n tragedie.

Wen of verloor, kom wat wil. Sien albei as uitdagings. Vat dit soos dit kom. Maar moenie dat enige van die twee jou lewensritme omverwerp nie, want vandag se wenner is dalk môre se verloorder en gister se verloorder is dalk vandag se wenner. 

Wen R1000 met jou hart-storie
'n Mens het 'n sterk hart nodig om al die uitdagings van die lewe aan te durf! Vertel ons jou storie oor daai keer toe jy 'n sterk hart nodig gehad het en jy kan R1000 wen!

E-pos jou rubriek (800 woorde) en 'n foto van jouself (300dpi) vir 'Wat die hart van vol is' na

E-pos jou rubriek (800 woorde) en 'n foto van jouself (300dpi) vir 'Wat die hart van vol is' na kuier@kuier.co.za met die woord RUBRIEK in die onderwerplyn of stuur dit met gewone pos na:

Wat die hart van vol is

Wat die hart van vol is

Kuier

Kuier

Posbus 1802

Posbus 1802

Kaapstad 

Kaapstad 

8001

8001

As ons jou hart-storie publiseer, wen jy R1000!

As ons jou hart-storie publiseer, wen jy R1000!
Meer oor:  Wat Die Hart Van Vol Is  |  Kuier  |  Rubriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.