Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Stink pumps
17 April 2019

Was jou voete gereeld voor en ná jy pumps gedra het. ’n Mens kry ook secret socks wat nie by die pumps wys nie. Olivia van Wyk, Robertson

Koeksoda werk baie goed of sit pantyliners in om die sweet te absorbeer.Elaine Gordon, Kaapstad

Sodra jy dit uittrek, was dit uit met ’n nat lap en laat staan om droog te raak. Sit dan voetpoeier in en laat staan só. Moet ook nie elke dag dieselfde paar skoene dra nie. Verina Rensburg, Pe

Smeer eers roll-on onder jou voete voordat jy pumps aantrek. Winifred Larey, Malmesbury

Sit jou pumps buite nadat jy dit gedra het sodat dit vars lig kan kry. Anneeda Sacco-Pekeur, Montagu

Vee die pumps uit met ’n nat lap en opwasmiddel. Laat dit goed droog word. Plaas koeksoda in die pumps. Iris Arendse, Centurion

Meer oor:  Kuier  |  Raad  |  Wenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.