Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Mening: Té oordadig?
28 November 2018
haidee muller


Al in Oktober sien jy die memes op Facebook: “Brace yourselves, Boney M. songs are coming”. Dan weer: “Christmas loading, get ready”. En as die klingelende Kersadvertensies eers op TV begin, dan weet jy: ja-nee-wat, dit ís sulke tyd.

Ek lees nou die dag van die gewilde Festival of Lights – die aand wanneer die Krismisliggies in Adderleystraat in die Kaapse middestad aangesit en met ’n helse paartie gevier word – Aunty Pat het glo R4,5 miljoen daarvoor ge-budget. Dít terwyl heelparty van Stad Kaapstad se mense in plakkerskampe vergaan. Regverdig? Wel, ons kan maande lank daaroor debateer, maar los gou eers daai.

Kom ons gesels ’n bietjie oor Krismis-begrotings. “’n Begroting vir Krismis? Wat is dit? Iets wat jy eet?’’ het ’n tjommie nou die dag gevra en gelag dat die wyn spat. Toe sê ek, “Meisie, daar ís mense wat daai wonners doen – van trimmings en geskenke tot die gammon en die tong.’’

Sadly is ek nie een van hulle nie, maar glo my, ek wíl heimlik só wees. Ek maak klokslag jaarliks planne om te bespaar deur elke maand ’n geskenkie vir iemand te koop in die aanloop tot Desember. Dit gebeur net in my kop. En, as ek weer sien, is dit begin Desember en dan sit ek nog met leë Krismiskouse. Nee man, dié teurigheid sal moet end kry noudat ek ook op my oudag ’n ma geword het.

Maar eerlik gesproke... Ek rol my oë as ek die eerste advertensies hier teen Oktober op TV sien. Hoekom? Want dan besef ek dat ek nog boggerol het. Maar ek is nogal nie een vir die groot hoehaa wat mense oor Krismis maak nie. Dit voel vir my soms als gaan dan nou meer oor ’n geldmakery as die werklike boodskap: Jesus se geboorte. Krismis-trimmings pronk dan deesdae sommer al maande voor Krismis in die winkels.

Ek rol my oê as ek die eerste advertensies hier teen Oktober op TV sien.

Sommige winkels klop Boney M. ook dan al kliphard. Maar dit tersyde, ek dink eintlik is ek geïrriteerd met myself. Want nes al die ander laatslapers hol ek ook hier “korre to twelve” rond soos ’n afkophoender wanneer elke Jan Rap en sy bra die winkels invaar.

My lewensmaat, Harry, laat hom nie van stryk bring nie. Daai man is so te sê klaar met al sy Krismis-shopping. Hy koop die hele jaar deur en is dan rustig by die huis wanneer ek in die malls rondhol.

My tjommie Wayda en haar gesin maak glads bets oor wie eerste die Krismis-advertensies op TV gewaar, nog lank voor Vader Krismis se slee al gepak is. Wayda post ook al maande voor Krismis op Facebook hoeveel dae tot dan oorbly. Sy en haar hele familie maak beurte om geskenke te koop Z en sy gee g’n afskeep-presente nie. Not ’n dêm. Daai girl splash skaamteloos – sy sê dis vir haar die lekkerste tyd van die jaar en herinner haar aan haar kinderdae en veral aan haar ouma se koekies. Dié dat sy haar kinders ook aangesteek het om só oor ’n stukkie Krismis te wees.

’n Ander jarelange pêl van my wat al donkiejare lank in Amerika woon, sê nou die dag ons ken nog min jokes hier in SA. Daar in die States is hul Kersbome regte dennebome, die groot winkels begin al in September met hul Kersuitstallings en hul TV-advertensies begin normaalweg knap ná Halloween op 31 Oktober. Die trimmings pronk binne én buite die mense se huise. Aanlyn-aankope is huge, mos darem cool as jou geskenk op jou drumpel afgelaai word. Maar laat ons Suid-Afrikaners maar liewer realisties wees – ons het nie die Amerikaners se dollars nie en let’s not forget, ons moet rande rek en liewer vir mekaar kanne petrol vir Krismis gee.

Ek is nie teen die hele Krismis-hoehaa nie. Dis ’n mooi tradisie. ’n Hartsvriend, uncle Willy Mathys, stem saam. Maar hy voel mense moenie dinge oordoen nie. Hy het veral ’n bee in sy bonnet oor die trimmings al so lank voor tyd in winkels uitgestal word. En al is mense hoe arm, vang almal daai Kersgees. Daar is soveel vreugde en opwinding. En ja, dis werklik soos ’n sprokiesverhaal vir kinders, selfs volwassenes is kinderlik opgewonde. Dis ’n belewenis, of daar nou geld is of nie.

Nou ja toe, draai maar tog daai Boney M. number harder, man!

Meer oor:  Feesseisoen  |  Kuier  |  Kersgety
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.