Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Têta in talle tonge
5 September 2018
talle tonge
Bonjour, hello, hola, namaste en salaam!
Elke dag regoor die wêreld praat mense verskillende tale om met mekaar te kommunikeer.
Jy hoef nie eens na 'n ander land te gaan om 'n ander taal te hoor nie, kyk maar net na al ons tale in Suid-Afrika!

Taal is ons vermoë om boodskappe aan mekaar oor te dra met woorde. 
Dit laat ons toe om te praat, lees en skryf.
Elke taal het sy eie geskiedenis en baie tale het meer as een dialek.
Die gebruik van taal is belangrik, want daarsonder sal niemand weet wat die ander een bedoel nie!

GESKIEDENIS VAN TAAL

Alle sosiale diere kommunikeer met mekaar, van bye en miere tot walvisse en ape.
Maar dis slegs mense wat die vermoë het om 'n taal te ontwikkel en kreatief te gebruik wat meer as net 'n stel voorafbepaalde tekens en aksies is.
Mense se taal verskil van die kommunikasie van diere s'n.

Ons voorouers het waarskynlik 'n miljoen jaar gelede gepraat, maar teen 'n stadiger pas, 'n kleiner woordeskat en eenvoudiger of moeiliker grammatika as waaraan ons gewoond is.

Van die wêreld se oudste tale sluit in Latyns, Koreaans, Hebreeus, Grieks, Chinees en Tamil.

Engels word beskou as die wêreld se "lingua franca". 'n Lingua franca is 'n taal wat as 'n gemeenskaplike taal aangeneem word tussen sprekers wie se moedertale verskil.
Engels is die taal van die media, internasionale besighede en ruilhandel, wetenskap en belangrike akademiese vakke, maar dis nie die wêreld se mees gesproke taal nie.

Tale wat die meeste in die wêreld gepraat word.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.