Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
The Bachelor: Kyk net hoe sexy is die ou!
4 Maart 2020

Dié man is smeulend, mal oor avontuur en glad nie bang om sy hande vuil te maak nie. En as jy van mans hou wat met ’n effense dikstem in jou ore kan fluister, sal Marc Brent Buckner, Suid-Afrika se nuutste Bachelor, beslis jou hart ’n bietjie vinniger laat klop. Maar tensy jy een van die 22 meisies is wat gekies is om vir sy hart mee te ding as deel van die M-Net-realiteitsprogram The Bachelor South Africa, is jou ore ongelukkig nie vir sy stem beskore nie.

WAT JY MOET WEET:

Ouderdom: 36

Lengte: 1,86 m

Gewig: 110 kg

Liggamsbou: Sexy en gespierd

Oë en hare: Groen en donkerbruin

Skoengrootte: 11

Bier of wyn: Wyn

Pizza of slaai: Seekos-pizza

Wat hom irriteer: Vroue wat rook en hom byt

Stokperdjies: Motorfietse, die buitelewe, roei en DIY

Voltooi “Sexy is . . .: Mooi bene!

Wie is hy?

Marc is ’n skaam en sensitiewe mense-mens en sy ideale lewensmaat is ’n go-getter.

Iemand wat hom gaan aanmoedig om sy drome na te jaag en aktief te bly, maar wat ook selfstandig is en haar eie drome het.

“Daar is nie iets soos ware liefde nie, dit is ’n konsep wat Disney aan ons verkoop het, waar jy iemand ontmoet, daar fireworks is en julle dan weggalop op ’n wit perd.

Dit is nie hoe die lewe werk nie en al ervaar jy sulke oomblikke in die lewe, is die liefde iets waaraan jy elke dag moet werk en ek het die program met daardie mentaliteit aangepak,” sê hy.

Volg al die romanse en drama van Marc se liefdesreis elke Donderdag om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). En dalk kry jy nog ’n glimpse van sy onweerstaanbare six-pack . . .
Meer oor:  Kuier  |  Tv  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.