Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Toets jouself: Is jy gesond?
13 Maart 2020

Hart

1. Eet jy gereeld souterige of gebraaide kos?

Ja: 0 Nee: 1

Navorsing het bewys dié kosse beïnvloed jou bloeddruk en cholesterol en as jy dit vermy, verlaag jy jou kanse met 30% om hartsiektes te kry.

2. Het jou ma, pa, broer of suster ’n hartaanval voor 60 gehad?

Ja: 0 Nee: 1

“ ’n Close familielid met hartsiektes verhoog jou risiko met een en ’n half keer,” verduidelik dr. Nancy Huang van die Australiese hartstigting. As jou antwoord “ja” is, is dit baie belangrik om te weet wat jou bloeddruk en cholesterolvlakke is.

3. Het jy ’n skuins vou op jou oorlel of wit sirkels om jou pupille?

Ja: 0 Nee: 1

Volgens die kardioloog dr. David Colqu-houn is dit tekens van hartsiektes. Die vou beteken jy het dalk sirkulasie-issues en die sirkels hoë cholesterolvlakke.

4. Is jou middel kleiner as 80 cm (vroue) of 94 cm (mans)?

Ja: 1 Nee: 0

As jou middel groot is, verdubbel dit jou kanse om vroeg te sterf – hoofsaaklik van hartsiekte. Om te oefen, ’n gebalanseerde dieet te volg en minder alkohol te drink, is die beste manier om gewig om jou middel te verloor.


Gynae-gesondheid

1. Kry jy jou maandstonde op dieselfde dag soos altyd tevore?

Ja: 1 Nee: 0

“As dit swaarder, ligter of meer pynlik raak, kan dit ’n teken fibroids of menopouse wees,” sê dr. Elizabeth Farrell van die Jean Hailes Foundation for Women’s Health.

2. Meng jou maandstonde in met jou daaglikse lewe?

Ja: 0 Nee: 1

Talle vroue het al gesê hul maandstonde keer hulle om sport te doen of deel te neem aan familie-aktiwiteite. Voorbehoed en ander medikasie kan pyn of swaar maandstonde verminder of stop. Vra jou dokter vir advies.

3. Lek urine as jy hoes, nies, lag of oefen?

Ja: 0 Nee: 1

Sterk bekkenvloerspiere hou die urine binne, so as jy “ja” antwoord, is joune effens swak. “Die algemeenste rede hiervoor is geboorte, maar sommige vroue wat op die Pil is, sukkel om hul blaas te beheer in die eerste helfte van hul siklus,” sê Farrell. Doen Kegel-oefening om dit te versterk.

4. Wanneer het jou ma deur menopouse gegaan?

Ja: 1 Nee: 0

As jy dít weet, kan jy jou familie beplan. Wanneer jy daardeur gaan, is glo in jou gene.


Spysvertering

1. Ontlas jy ten minste een keer elke dag?

Ja: 1 Nee: 0

“Een keer ’n dag is ’n teken van ’n baie gesonde spysverteringstelsel,” sê die natural healer Sara Canney van Sydney’s Alkaline detox spa. Meer vesel en vloeistof sal jou help om meer gereeld te wees.

2. Het jy gereeld stink asem, voel jy bloated of poep of breek jy baie wind?

Ja: 0 Nee: 1

“Dít is tekens daar is iets fout met jou dieet,” sê dr. Michael Elstein wat belangstel in dermgesondheid en voeding. ’n Dokter of natural healer kan jou help om uit te vind wat fout is en hoe om dit te behandel.

3. Eet jy jou kos in 10 minute of gouer?

Ja: 0 Nee: 1

As jy te vinnig eet, kan dit jou risiko met 20% verhoog vir gastro-probleme soos reflux. “Wanneer jy vinnig eet, sluk jy jou kos in groot stukke wat jy moeilik verteer,” sê Canney.

4. Kyk jy wat in die toilet is voor jy flush?

Ja: 1 Nee: 0

Jy kan jou lewe red deur jou stoelgang dop te hou. Wanneer jy enige veranderinge in jou stoelgang optel, moet dit uitgecheck word, veral as dit ’n vreemde kleur is of bloed in het.


Been en gewrigte

1. Kan jy op een been staan vir meer as 30 sekondes?

Ja: 1 Nee: 0

As jy kan, “wys dit jou core-spiere is sterk en dit verlaag jou risiko om rugpyn te hê,” sê die chiropractor Marc Croker. As jy nie kan nie, oefen gereeld om dit te doen, want dit maak jou core sterker.

2. Word jy wakker met pyn?

Ja: 0 punte Nee: 1 punt

“As jy met pyn wakker word, kan dit die posisie wees waarin jy slaap,” sê Peter Fazey van die Australian Physiotherapy Association. Jy moet met jou ruggraat reguit slaap. Dit kan ook ’n teken wees van ’n probleem soos artritis, so gaan na jou dokter toe om te kyk wat fout is as dit aanhou.

3. Oefen jy vir meer as 30 minute, vyf keer ’n week?

Ja: 1 Nee: 0

Om te oefen, is selfs gesonder vir jou bene as om reg te eet. Navorsers in Finland het bevind kalsium keer ons om been te verloor, maar om te oefen, bou ons bene.

4. Is jou knieë gelyk met jou heupe as jy in jou werkstoel sit?

Ja: 0 Nee: 1

Om nie reg te sit nie, is een van die groot oorsake van rugpyn. “Wanneer jou knieë en heupe gelyk is, is jou laerug gerond wat die risiko verhoog,” sê Croker. Hy stel voor jy sit ’n handdoek onder jou sitvlak om die pelvis vorentoe te tilt.


Emosioneel

1. Uit 10, score jy op dié oomblik meer as vyf vir geluk en minder as vyf vir stres, kwaadheid of eensaamheid?

Ja: 1 Nee: 0

Hoe meer jy score vir positiewe gevoelens en hoe minder vir negatiewe gevoelens, hoe beter. Jy sal jou negatiewe gevoelens kan takel voor dit jou gesondheid affekteer as jy jou gevoelens kan uitpluis en assesseer,” sê die sielkundige dr. Darryl Cross.

2. Gebruik jy gereeld die frases “as ek maar net” wanneer jy aan die verlede dink of “wat as” wanneer jy aan die toekoms dink?

Ja: 0 Nee: 1

Dié frases word gekoppel aan om angstig en minder gelukkig met jou lewe te voel, sê Cross. Probeer om in die teenwoordige tyd te lewe.

3. Verloor jy gewoonlik jou humeur as iemand jou vra om iets kleins te doen?

Ja: 0 Nee: 1

As jou antwoord “ja” is, sê die sielkundige Janine Rod dis ’n teken dat jy onder te veel stres is. Sy stel voor jy vra jouself hoe jy jou las ligter kan maak en dit die volgende dag implementeer.

4. Kan jy vinnig vyf goeie goed neerskryf wat in die afgelope dag gebeur het?

Ja: 1 Nee: 0

Hoe vinniger jy dié oefening kan doen, hoe beter is jy om na die positiewe goed in jou lewe te kyk. Doen dit daagliks.

Wat is jou score?

Tel die punte van elke vraag op en vind uit hoe gesond jy is.

7 of minder:

Oeps – jy het heelwat werk wat jy aan jou algehele gesondheid moet doen. Gelukkig kan dié quiz vir jou sê waar om te begin. Gaan terug en kyk na die goed waar jy die minste punte het, kyk na die advies en begin vandag te verbeter.

8 – 15:

Jou gesondheid is heel goed, maar iets is missing. Gaan terug en kyk na die areas waar jy nie punte het nie. Is dit jou nutrition of ander areas van jou gesondheid wat nie tip-top is nie? Fokus op dié areas en ruk jou gesondheid reg.

16 of meer:

Jy is baie gesond – geluk! As jy selfs beter wil voel, kies drie tips uit hierdie quiz en werk dit in jou lewe.


* ILLUSTRASIES: RYAN CAROLISEN

* Kopiereg: © BAUERSYNDICATION.COM.AU/MAGAZINEFEATURES.CO.ZA

Meer oor:  Gesondheid  |  Kuier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.