Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Vra dr. Genine: Help met bene
5 September 2018
restless legs syndrome
Vraag: Help met bene

Dokter, ek soek asb raad vir rustelose bene asseblief.

Antwoord

RUSTELOSE BENE SINDROOM (RBS) is n neurologiese wanorde (n toestand wat die senuweestelsel aanraak) wat op verskillende maniere voorkom. Baie mense se dis moeilik om die simptome te beskryf. Jou bene kan “ongemaklik” voel wanneer jy sit of le. Dit kan ook net in een been plaasvind en selde affekteer dit die arm(s) of borskas of kop. Dit kan n presenteer as n klopping, trekking, kruipende of brandende gevoel, krampe, soos n elektriese skok, of selfs soos insekte wat broei en party mense beskryf dit as n “creepy-crawly” gevoel in jou bene. Hierdie sensasies of gevoelens in die bene is irriterend en kan ook baie seer wees.

Hoe word RBS gediagnoseer? Daar bestaan geen spesifieke toets vir RBS nie. Vier basiese kriteria word gebruik om die diagnose te maak:

1. Simptome wat erger in die aand is en soggens verdwyn of verminder

2. Sterk en onbeheerbare drang om jou bene die beweeg

3. Simptome word aangebring deur rus, ontspanning of slaap

4. Simptome word verlig deur beweging en die verligting duur solank as die beweging aanhou.

BELANGRIK: Die diagnose van RBS is nie n indikasie dat ander neurlogiese siektes bv. Parkinson’s begin nie.

Ander “trigger” faktore wat RBS meebring is lang periodes van inakitiwiteite: lang karritte, langafstand vlugte, immobilisering in n gips (plaster of Paris).

Baie mense met RBS sukkel om aan die slaap te raak en dit kan mens uitput en slaperigheid in die dag meebring. Dit kan gevolglik jou werk, rondreis, private lewens en selfs daaglikse takies negatiewelik affekteer. Jou konsentrasie en geheue word aangetas en kan selfs depressie veroorsaak.

RBS kan op enige ouderdom begin, selfs in kinderjare maar daar is twee keer soveel vroue as mans wat dit ondervind. Dit kom meer algemeen voor in die middel- en ouer jare en die simptome hou langer aan so ouer jy raak. RBS kan ook spontaan “verdwyn” vir n paar weke of maande (remissie) en dan kan die simptome weer terugkeer

Die OORSAKE van RBS is onbekend. Dit mag oorerflik wees, en lae vlakke van yster in die brein, nierversaking, suikersiekte (diabetes) en n tekort aan vitamiene. Verskillende medikasies vererger die simptome: medikasies vir naarheid, psigose, depressie en party allergie en verkoue medikasies wat anti-histamiene bevat. In die laaste drie maande van swangerskap kan RBS ook voorkom, maar dit verdwyn gewoonlik binne 4 weke na die bevalling. Alkohol en min slaap kan ook RBS vererger of aanbring.

Jou dokter sal n deeglike geskiedenis moet neem (familie siektes, medikasies, simptome) en n fisiese en neurologiese ondersoek doen sowel as n paar bloedtoetse om sekere siektes te diagnoseer. In kinders is dit moeilik om RBS te diagnoseer omdat kinders te jonk is om simptome te identifiseer. Paediatriese RBS kan verkeerdelik gediagnoseer word as groei pyne of ADHD.

Die doel van die BEHANDELING van RBS is om die simptome te verlig. Die behandeling van siektes wat gepaard gaan met RBS (bv. diabetes) kan simptome beheer.

Minder kaffeine, alkohol and nikotien (rook) kan ook help en aanvullings van vitamiene, magnesium en yster word ook gebruik. Ligte oefening, massering van die bene, n warm bad of die gebruik van n HEATPAD of koue pak (ICE PACK) sowel as n slaaproetine mag simptome verlig. Medikasies kan ook van hulp wees, maar daar is nie net een spesifieke medikasie wat gebruik word nie. Kombinasies word gebruik en jou dokter sal dit van tyd tot tyd moet verander of aanpas want die na lang gebruik is dit nie meer so effektief nie.

Meer oor:  Kuier  |  Dr.Genine  |  Gesondheid  |  Raad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.