Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Vra dr. Patricia: Als wat jy wil weet oor gout
1 Oktober 2020
Dr Patricia
dr patricia

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

Vraag: Gout pla erg

Ek sukkel geweldig met my gout. Help asseblief. -Jiggie

Antwoord: Beste Jiggie

Jig of gout is een vorm van artritis en word veroorsaak deur verhoogde uriensuurvlakke in die bloed. Dit kan oorerflik wees, of dit kan veroorsaak word deur die liggaam wat nie ontslae kan raak van uriensuur nie, of wanneer kos met hoë uriensuur of purien geëet word.

Purien word in die liggaam afgebreek tot uriensuur. Die uriensuur vorm dan kristalle in die gewrig wat pyn en inflammasie (dis rooi, geswel, warm en teer) veroorsaak. Die groottoon, knie of elmboog word meer algemeen aangetas, maar dit kan enige gewrig aantas.

Heelparty mense met verhoogde uriensuurvlakke in die bloed ervaar geen simptome nie. Sommige mense kry Tofi-jig as gevolg van herhaalde jig-aanvalle of verhoogde uriensuurvlakke oor jare. Tofi is klipharde knoppe op die gewrigte en is gewoonlik nie teer of pynlik nie.

Opeenhoping van uriensuurkristalle in die gewrig veroorsaak tofi en kan die been wegvreet en skade aan die gewrig veroorsaak.

Risikofaktore

Mense met vetsug, hoë bloeddruk, niersiektes, ’n familiegeskiedenis van jig, insulienweerstandigheid en diabetes is meer geneig tot jig. Leefstylfaktore soos gereelde drankgebruik, veral bier, is ook ’n groot sneller.

Diagnose

Die dokter sal spesifieke vrae vra, ’n ondersoek doen en bloed trek vir uriensuur en om te kyk hoe jou niere werk. ’n Klein naald kan in jou gewrig of tofus gedruk word om ’n bietjie vog te trek en te stuur na die laboratorium om te kyk vir kristalle onder die mikroskoop.

Hantering van jig-aanval

1. Nie-steroïdale anti-inflammatoriese medisyne (NSAID’s). Dit verminder pyn en swelling. Ibuprofen (Advil, Motrin), Naproxen (Aleve, Anaprox), Indomethacin (Indocin) en Celebrex en moet in relatiewe hoë dosisse vroeg begin word.

2. Kolgisien is voorskrifmedikasie, en newe-effekte sluit in maagwerk, maagkrampe, naarheid en braking. Dit moet begin word sodra die aanval begin.

3. Steroïde soos prednisoon is ook baie effektief. Langtermynbehandeling sluit in Allopurinol (Aloprim, Lopurin, Zyloprim), Febuxostat (Uloric) en Probenecid.

Daar is ook vele bekostigbare oor-die-toonbankprodukte beskikbaar, byvoorbeeld Manna se pH-balanskapsules.

Kosse wat kan lei tot ’n jig-aanval:

• Te veel rooivleis

• Te veel seekos en skulpvis

• Te veel drank, veral bier

• Vrugtesap en meer as twee klein porsies vrugte per dag

• Te veel suiker

• Fruktose wat ’n vrugtesuiker is en soms as ’n suikeralternatief gebruik word vir diabete.

• HFCS (high-fructose corn syrup) wat in winkelsoetgoed en drinkgoed is. Lees gerus die etikette

• Orgaanvleis soos lewer, niertjies, skilpadjies, steak en kidney-pasteie, hoenderlewertjies, lewerpatee en afval. Koffie, witvis soos stokvis, hoender, laevetmelk en jogurt is minder geneig om ’n aanval aan te bring.

Wenke:

• Drink baie water.

• Probeer ’n gesonde gewig handhaaf, verminder drankinname en suikerbelaaide drinkgoed.

• Medikasie wat uriensuur verhoog soos waterpille, aspirien en TB-pille moet bespreek word met jou dokter.

• Hou matigheid voor oë en gebruik die langtermyn- of kroniese pille elke dag soos jy moet.

WhatsApp die woorde KUIER DOKTER en jou vraag na 0607840589, of stuur ’n e-pos na kuier@kuier.co.za met DOKTER in die onderwerplyn.
Meer oor:  Gout  |  Dr Patricia  |  Kueir
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.