Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Waar om al jou Afrikaanse programme te kyk
leah, boer soek 'n vrou

Daar is min dinge wat jou roer soos ’n plaaslike storie waarmee jy kan identifiseer. Van die bonatuurlike tot die superrealistiese – al hierdie briljante reekse kan op Showmax en DStv Now gekyk word.

Boer Soek ’n Vrou S12

 Die gewilde realiteitsreeks is terug en in sy twaalfde seisoen is daar tien nuwe boere wat hoop op groot oeste en landerye vol romanse en liefde. Kyk weekliks na nuwe episodes op DStv Now of stroom dit op Showmax. 

Die Spreeus

Aanhangers volg hierdie bonatuurlike raaiselsreeks slaafs. ’n Spesiale ondersoekeenheid, bekend as Die Spreeus, bekyk sake wat ander speurders se hare sal laat regop staan. Bas en Beatrice stel ondersoek in na misdade waarby spoke en onaardse gediertes betrokke is. Kyk eerste na Die Spreeus wanneer dit Maandae op Showmax wys en daarna op DStv Now

Maak my famous

Dié gewilde Afrikaanse talentprogram betree nou sy opwindendste fase. Gaan die aanbieder, Emo Adams, sy EMO-kaartjie gebruik om vir deelnemers ’n tweede kans te skep? Die talent is uit die boonste rakke. Hoe op aarde gaan Emo – en die gehoor – uiteindelik besluit wie wen? Kyk Maak my famous op DStv Now.

Dwaalster

 Dit lyk asof daar niks aangaan op Maanhaardrif nie, maar onder die oppervlak gebeur daar baie op dié klein dorpie in die Karoo. Annabel, ’n verslaggewer wat vlug omdat haar lewe in gevaar is, soek skuiling in haar tuisdorp, maar dis nie so stil op Maanhaardrif as wat sy gehoop het nie. Fuifkyk die hele reeks en bly op hoogte met al die dorpenaars se doen en late op Showmax

Dwaalster
Kyk Dwaalster Dinsdagaande op kykNET

Suidooster

Dié sepie, wat in die Kaap verfilm word, handel oor drie families wat ’n kleinhandelaar in die fiktiewe voorstad Ruiterbosch bestuur. Kyk nuwe episodes van Suidooster aanlyn met DStv Now

Die Ware Naarheid

Die komediant Schalk Bezuidenhout is te sien in die satiriese nuusprogram, saam met korrespondente Erns Grundling en Bibi Slippers. Kyk daarna op Showmax en DStv Now. Schalk is ook te sien in die skreeusnaakse komediereeks Hotel, wat oor ’n sukkelende boetiekhotel handel. Seisoen 3 is binnekort op Showmax te sien. 

die ware naarheid, showmax
Die ware naarheid

Binnelanders

Hierdie is een van Suid-Afrika se gewildste sepies. In die huidige storielyn gaan dit maar sukkel-sukkel met Karli se liefdeslewe. Al die mans wat sy tot dusver met haar liefde vertrou het, het haar in die steek gelaat, behalwe Quinton Meyer. Nou het dié verhouding ook op die rotse geloop en Karli knoop ’n verhouding aan met Ben Geldenhuys, ’n psigiater. Net toe dit lyk asof sy uiteindelik liefde gaan vind, ontdek sy die geheim wat Ben al die tyd vir haar wegsteek. Stroom nuwe episodes van Binnelanders aanlyn met DStv Now

Bobby & Karlien: In jou skoene

Bobby en Karlien van Jaarsveld verlaat hul glanslewens vir 48 uur om in die skoene te loop van mense in moeilike omstandighede. Die broer en suster wil nie net waarnemers wees nie, hulle is vasberade om ’n verskil te maak. Kyk nou op Showmax na Bobby & Karlien: In jou skoene

bobby, karlien, showmax
Bobby en Karlien

Die siener

In dié realiteitsreeks help die Suid-Afrikaanse medium Gerald Burger mense met hul spirituele en bonatuurlike probleme. Kyk daarna op Showmax of DStv Now en besluit self wat jy glo. 

die siener, showmax
Die Siener

Hoe om te stroom

As jy nog nie ingeteken het op Showmax nie, kan jy inteken vir ’n gratis proeftydperk van 14 dae. Daarna kry jy toegang tot ’n ton plaaslike en internasionale reekse, rolprente en dokumentêre programme teen net R99 per maand.

As jy ’n DStv Premium-intekenaar is, is Showmax ingesluit in jou intekening – gaan net na die webwerf om aan te teken.

Om aanlyn na al jou DStv-kanale te kyk, insluitend kykNET, kykNEt & kie en VIA, teken nou aan by now.dstv.com.

Meer oor:  Binnelanders  |  Dstv Now  |  Die Spreeus  |  Suidooster  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.