Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Rubriek: Wat die hart van vol is
11 Julie 2018

Depressie eis mense se lewens. Niemand kan dit escape nie – nie beroemdes nie, nie rykes nie, nie armes nie, nie gelowiges nie.

Eintlik is depressie al jare lank ’n silent killer onder ons mense, maar niemand wil dit erken nie. Dis mos ’n “witmenssiekte” en ons is salig onbewus van die simptome wat aan ons vreet – van binne af. En as iemand hul WhatsApp-status maak (en te veel na ons sin) dat hulle net wil doodgaan, huilende gesiggies post, voel ons hulle soek net aandag. Min weet ons hulle is vasgekeer en het nie hulp nie. En met die feesseisoen wat hier is, wanneer so baie mense depressief raak, laat dit my dink aan my eie donker put.

My depressie het al in my vroeë tienerjare sy kop uitgesteek. Ek en my broer het ons ouers in ons kinderjare verloor en was deur familie grootgemaak en by tye was dit moeilik. In my teens het my oorgewigtheid my ’n lae selfbeeld gegee en met groepdruk het ek al in die vroeë 90’s selfmoordneigings gehad.

Al daai onopgeloste emosies is onder ’n emmer ingevee. Ná skool het ek Joburg toe getrek vir werk en daar getrou, maar ná my tweede kind het ek onbewustelik aan post-natal depression gely en die selfmoordneigings het weer begin. Maar destyds het ek nie eens geweet daar is ’n naam vir dié tipe toestand nie en vir dae kon ek nie eens opstaan nie.

Toe tref die groot noodlot my in 2013 toe my man en broer binne vier dae van mekaar sterf. My man word die Vrydag vermoor en my broer sterf die Dinsdag aan ’n hartkondisie. Omdat ek moes leer om te deal met die seer, het ek met die groot onderdrukte hartseer, myself deur albei begrafnisse geforce om regop te staan al het ek dood en leeg gevoel.

Twee maande later het my depressie in sy ergste graad kop uitgesteek. Ek het elke pil gesluk wat ek kon kry. Vriende van my het op my afgekom en hospitaal toe gejaag. Nadat dokters my lewe gered het, het ek die oomblik toe ek alleen was, probeer om vir ’n tweede keer daai nag my lewe te neem.

Maar ek wil vir julle sê, 'n smile help niks as jy van binne doodgaan nie. Kry liewer hulp sodat jy van binne af kan glimlag.

Onmiddellik nadat ek ontslaan was, is ek opgeneem in ’n depressiekliniek. Daar was ek onder bewaring vir 24 uur omdat ek ’n high suicide risk was. Ná ’n maand se intensiewe terapie en depressiebehandeling het ek darem weer mens begin voel. Ek was nog rou binne, maar die selfmoordgedagtes was weg.

Die sielkundige het voorgestel dat ek altyd moet sê hoe ek voel, so ek het gereeld by my broer se graf gaan sit en net gepraat. Een Sondagoggend op pad na sy graf, loop ek verby ’n kerk en hoor die liedjie “God sorg vir die mossies”.

Daai oggend toe praat ek oor hoe kwaad ek was van binne oor my ouers, my lewe en hoe ek vrae het omdat ek twee mense moes verloor in minder as ’n week. Ek het my hart voor God leeggemaak. My lewe het verander en skielik het ek baie lig gevoel, want ek kon weer bid. Ek het gedink gebed werk nie, maar toe bring die Here my tot stilstand.

Baie van ons suffer van depressie sonder dat ons daarvan bewus is. Die challenges, die swaarkry, eensaamheid Z of baie van ons praat eenvoudig nie oor wat ons pla nie. Ek weet baie van ons mense gaan deur smart en seer in stilte, maar strompel voort met ’n smile. Maar ek wil vir julle sê, ’n smile help niks as jy van binne doodgaan nie. Kry liewer hulp sodat jy van binne af kan glimlag.

Dis moontlik om beter te voel. As jy moet en wil, bid, maar gaan sien ook ’n sielkundige. Dis nie ’n skande nie. Daar is gratis sielkundiges in ons gemeenskapsklinieke en hospitale as jy dit nie kan bekostig nie. Dis nie net witmensgoed nie. Ek is deurgedra deur die genade van Bo en met professionele hulp. Kom ons reik uit en breek die stilte en die stigma van depressie wat onder ons mense bestaan.

Dit is ’n werklikheid. Dis ’n silent killer. Maak vandag die besluit om ’n oorwinnaar en nie ’n slagoffer te wees nie.

Wen R1000 met jou hart-storie
'n Mens het 'n sterk hart nodig om al die uitdagings van die lewe aan te durf!

Vertel ons jou storie oor daai keer toe jy 'n sterk hart nodig gehad het en jy kan R1000 wen!

E-pos jou rubriek (800 woorde) en 'n foto van jouself (300dpi) vir 'Wat die hart van vol is' na kuier@kuier.co.za met die woord RUBRIEK in die onderwerplyn of stuur dit met gewone pos na:

Wat die hart van vol is,

Kuier,

Posbus 1802,

Kaapstad,

8001

As ons jou hart-storie publiseer, wen jy R1000!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.