Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuier-tydskrif
Wat die hart van vol is
11 Julie 2018

Baie paartjies word heeltemal uit die alledaagse wêreld weggevoer wanneer hulle op mekaar verlief raak en ’n verhouding aankoop. Daai gevoel is hemels, want verliefdheid het sy manier om paartjies weg te voer na cloud nine. Maar dit bly nie só nie.

Die ongelooflike lekker gevoel van liefde gaan gepaard met ware introspeksie en só word die edelste gevoelens wat daarin skuil, bepaal. In baie woordeboeke word die woord “liefde” se betekenis verklaar, maar in my woordeskat is daar geen presiese definisie nie.

Wanneer ek terugkyk na so ses jaar gelede, het ek presies dieselfde gevoel ervaar. Ek is tans in ’n langafstand-verhouding met die wonderlikste vrou vir wie ek onvoorwaardelik lief is. Sy is ’n verpleegster van Umtata, maar werk nou al die afgelope sestien jaar in Port Elizabeth.

Ons het in ’n tyd ontmoet toe dinge met beide van ons nie so goed gegaan het nie. Ons albei was pas uit verhoudings waarin ons seergekry het en moes planne maak om aan te beweeg. My neef het een aand ’n braai by sy huis gereël en dié se meisie het besluit om die verpleeg-ster ook te nooi. Ek dink ons ontmoeting was regtig bestem om te wees.

Daai aand het sy ’n wit rok en sandale aangehad. Haar grimering was on point en haar dreadlocks perfek gestyle. Ons is aan mekaar voorgestel en dit was vuurwerke met die eerste oogopslag. My tone het behoorlik gekrul, want ek kon nie glo ek word so onmiddellik verlief nie.

Ons het die nag deur gelag, nommers uitgeruil en besluit dat ons mekaar weer móét sien. En die res is history, want tot vandag toe is elke dag ’n belewenis om in haar geselskap te wees. Sy het ’n goeie hart, ’n goeie sin vir humor en is sommer net ’n mense-mens wat enigeen se hart sal steel.

Maar soos in enige verhouding is daar struikelblokke en ek kan jou verseker dat die twee van ons tonne ervaar het. Daar was inmenging van haar familie wat claim dat ek nie genoeg is nie, nie die ideale man vir haar is nie en ek het glad nie tyd gehad vir al hul drama en speletjies nie.

Dit is die klein dinge en bederfies wat enige verhouding rotsvas hou.

Toe sy nog nie ver weg gewerk het nie, sou ek vroeg in die oggend opstaan, ontbyt voorberei en ons uniforms stryk, want sy het langer ure gewerk en was ook heeldag op haar voete. Saans as sy by die huis kom, dan is die kos al klaar en die woonstel gepolish.

My vriende het al hoe meer gesê: “Daai vrou sit op jou kop”. En as teenvoeter het ek gesê: “Ja, sy sit op my kop, maar sy sit tjoepstil en ek doen al hierdie dinge uit liefde.”

Met my karige salaris as ’n stock controller het ek berge verskuif. Ons het mekaar behoorlik bederf. Soveel so dat al die mense rondom ons, wat nie in die egtheid van ons verhouding geglo het nie, besef het ons is waarlik lief vir mekaar.

Hoekom kan couples nie mekaar in die afgrond bederf sonder dat dit ’n issue vir buitestaanders raak nie? Dit gaan nie net daaroor dat ’n vrou alles vir die man moet doen nie. Hel, nee! Ons leef in ’n moderne era. Dit is ook die man se verantwoordelikheid Z en dit behoort eintlik ’n eer vir hom te wees om goed vir sy liefie te doen. En dit kan so baie vir die vrou beteken.

Dit is die klein dinge en bederfies wat enige verhouding rotsvas hou. Dit hoef nie altyd te gaan oor duur chocolates en rose nie, maar daai intieme oomblikke maak elke verhouding absoluut spesiaal.

Wanneer laas het jy jou geliefde aan die hand gevat, nader na jou getrek, innig gesoen en gesê: “Ek is so baie lief vir jou, my skat.”? Dit is ook spesiaal. So onthou, ons hoef ons nie bankrot te maak vir geskenke op Valentynsdag nie.

Ek is lief vir my bokkie en ek gee nie om wie wat te sê het nie. ’n Mens kan beslis iemand so liefhê soos wat jy jouself liefhet. Ek kan nou nie wag vir my volgende trippie Port Elizabeth toe nie, net om my bokkie styf vas te druk.

Meer oor:  Wat Die Hart Van Vol Is  |  Kuier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.